NHS uitblinkers word beloon

NHS uitblinkers word beloon

Hoërskool Nelspruit het Donderdag 11 Oktober die tweede prysuitdeling van die jaar  aangebied waartydens daar akademiese- en diensleweringtoekennings gemaak is. Balkies, erekleure en spesiale erepennings is toegeken. Toppresteerders in die skool het trofeë ontvang. Baie geluk aan al die uitnemende Nellies wat pryse gewen het. 

Oud-Nellie, Duane Vermeulen is ook vereer vir sy prestasies op die rugbyveld. Hy het onlangs uitgedraf in sy 50ste wedstryd vir die Springbokke en speel tans in die Wêreldbeker vir Suid-Afrika in Japan. Alhoewel hy hierdie geleentheid nie kon bywoon nie, het sy ma Estalien Vermeulen die penning namens hom ontvang. Die aand is moontlik gemaak deur Stabilis. 

Spesiale Toekennings
Dux leerling: Mia Schmidt
Slaag met 7 vakke
Afrikaans 92%
Engels 92%
Lewenswetenskappe 94%
Wiskunde 98%
Fisiese Wetenskappe 97%
Rekeningkunde 95%
Lewensoriëntering 97%
Gemiddelde persentasie van 95%

Drie beste vakprestasies:
Wiskunde
Lewenswetenskap
Lewensoriëntering

Mia Schmidt

Mees verdienstelike leerling: Niel Henning
Erekleure in akademie
Gemiddeld van 91,6%
Afrikaans – 86%
Engels – 88%
Wiskunde – 96%
Rekeningkunde – 92%
Fisiese wetenskap – 98% (beste in graad 12)
Lewenswetenskappe – 92%
Lewensorientering – 89%

Erekleure in betrokkenheid

Erekleure in dienslewering
– Bestuurskomitee van die skool – Adjunk Dux
– Kaptein van die muurbal- en rugbyspan

Erekleure sport
– 1ste span krieket
– 1ste span rugby

Balkie sport
– Atletiek
– Muurbal

Neil Henning

Hoof se Toekenning: Jacques Vosloo
Toegeken aan ’n graad 12-leerder wat:

  • ’n Verskil in ander Nellies se lewens maak.
  • Geleenthede aangryp, maar ook ‘n fyn aanvoeling het vir nuwe geleenthede en veranderinge.
  • Probleme en teleurstellings as uitdagings aanvaar.
  • Nellie Guts wys.
  • ’n Ware beelddraer van Hoërskool Nelspruit is.

Jacques Vosloo