NHS vier Pi-dag

NHS vier Pi-dag

NHS se Wiskunde departement het die somme gemaak en Pi-dag is bereken. Pi-dag word op 14 Maart (3/14) regoor die wêreld gevier. Pi (Griekse letter “π”) is die simbool wat in wiskunde gebruik word om ‘n konstante voor te stel – die verhouding van die omtrek van ‘n sirkel tot sy deursnee – ongeveer 3.14159.

Pi-dag is ‘n jaarlikse instelling vir wiskundiges om die oneindige syfers van Pi op te sê, met mekaar oor wiskunde te praat en lekker pastei te eet. Dit is ook presies wat NHS se wiskundeonderwysers en -leerders dan op Vrydag, 13 Maart gedoen het. Volpunte vir sulke breinkrag!