NHS wen goud en brons by NWU Skoleliga Finale

NHS wen goud en brons by NWU Skoleliga Finale

Die finale van die NWU Skoleliga het hierdie naweek in Pretoria plaasgevind. Talle skole het deelgeneem en elkeen moes hul persoonlike beste gee.

Hoërskool Nelspruit het ‘n derde plek behaal uit die 10 skole wat meegeding het. Dit is ‘n prestasie om op trots te wees, en dit getuig van die harde werk en toewyding van ons spelers en afrigters.

‘n Spesiale gelukwensing aan die volgende spanne wat medaljes gewen het:
• 14A Hokkie seuns wen goud (deel ‘n eerste plek met Waterkloof)
• 14B Hokkie seuns wen brons
• 16A Hokkie seuns wen brons
• 2de Hokkie dogters wen brons
• 16A Netbal wen goud
• 14B Netbal wen goud
• 16B Rugby wen goud
• 14B Rugby wen goud

Hier is die finale posisies van die verskillende sportsoorte:
• Hokkie seuns – Derde plek
• Hokkie meisies – Agtste plek
• Netbal – Vyfde plek
• Rugby – Sesde plek