NHS-wintersportspanne geniet vriendskaplike wedstryde terdeë

NHS-wintersportspanne geniet vriendskaplike wedstryde terdeë

Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek kragte met Hoërskool Monument in vriendskaplike hokkie- en rugbywedstryde gemeet.

Dertien rugbyspanne het meegeding teen Hoërskool Monument. Mnr. Hennie Skorbinski sê dat dit die eerste keer in ‘n baie lang tyd is dat daar soveel spanne teen mekaar gespeel het. “Die spelers het hulle man gestaan teen een van die top rugbyskole in Suid-Afrika. Ons is baie positief en reg vir die eerste ligawedstryde teen Kemptonpark op 7 Mei.”

NHS se hokkiespelers het uiteindelik die kans gekry om ‘n tuiswedstryd te speel. Op hul beurt het die dogters en seuns met gemengde welslae van die veld gestap.

NHS bedank graag vir Daisy Business Solutions wat die dag geborg het. Daisy het ook vir elke speler van die wedstryd ‘n geskenkpakkie oorhandig. Hier is Wikus van Biljon en Lanie Swart met hulle pakkies.

Uitslae: Seunshokkie
o/14A wen 6-0
o/16A gelyk 1-1
2des wen 5-1
1stes verloor 1-3

Uitslae: Dogtershokkie
o/14A gelyk 1-1
o/14B wen 4-1
o/15A verloor 0-1
o/16A verloor 0-4
2des gelyk 1-1
1stes wen 4-1

UItslae: Rugby
14A verloor 0-24
14B verloor 0-40
14C verloor 3-38
15A verloor 12-20
15B verloor 12-33
15C verloor 8-17
16A wen 22-10
16B wen 32-14
5des wen 13-0
4des verloor 0-70
3des verloor 7-14
2des verloor 13-26
1stes verloor 16-38