
10 Feb Nuwe seniordrag vir Nellies
NHS se 2021 matrieks spog eersdaags met splinternuwe seniordrag. Die BK van 2019 het die versoek vir nuwe matriekdrag aan die Beheerliggaam gerig. Na vele konsultasies is die voorstel goedgekeur en is daar besluit om die matriekdrag volgens die voorgestelde behoeftes van die leerders aan te pas.
Die seuns sal in plaas van die swart langbroeke nou ‘n lang kakiebroek met Grasshopper-vellies dra. Die meisies se swart rompies is nou groen, en die geel hempies is met ‘n wit een vervang. Die seuns én die meisies sal nou met dasse kan spog.
So ver as wat daar teruggeblaai word in NHS se argiewe is die seniordrag net twee keer verander. Hier is ‘n paar kiekies uit vervloë dae van vorige hoofleiers in hul seniordrag.
- 1976: Gerhard van Niekerk en Helmien Weich
- 1977: Jaques Pienaar en Mariëtta Opperman
- 1992 Prefekte
Die Nellies dra steeds hul klere met trots en bou net voort op die trotse tradisies wat oud-Nellies vir hulle nagelaat het.
- 2019: Mia Schmidt en Reuben van der Merwe (Large)
- 2020: Milda van Dyk en Handré Homann (Large)
- 2021: Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh
Hou die skool se sosiale media dop vir meer foto’s van die Klas van 2021 in hulle splinternuwe klere, wanneer hulle Maandag, 15 Februarie, terugkeer skool toe.