02 Mar NWU Super-interhoër lewer spannendste atletiek in jare!
Hoërskool Nelspruit, vanjaar se Laeveld-interhoërkampioen, was Woensdag 1 Maart in ‘n riller-stryd teen veral Potch Gim, Rustenburg en Transvalia betrokke. Die geleentheid was NWU se jaarlikse Super-interhoër te Pilditch-stadion in Pretoria, waar NHS in groep twee (B-bond) sy slag moes toon. Montana (648), Klerksdorp (636), Monument (591) en Randburg (553) het teen die einde stoom verloor, maar bogenoemde vier skole het mekaar tot aan die einde van die opwindende aflosse om die kroon uitgedaag. Uiteindelik was dit die begeesterde span van Potch Gim wat hulle nuwe hoof, mnr. Willie vd Merwe, breed laat glimlag het, deur met 685 punte, die Nellies (667.5) in die tweede plek te dwing. Rustenburg (664) eindig derde, met Transvalia (651.5) in posisie nommer vier.
Ashley Erasmus was vir oulaas haar skool se blinkste ster, toe sy weer eens 1000 punte vir elk van haar items verwerf het – die enigste atleet wat dit kon vermag. Haar twee oorwinnings was, soos gewoonlik, in gewigstoot (m.19) waar sy haar 17,01m op Lydenburg, met ‘n stewige 15,96m opgevolg het; asook in skyfwerp (49,87m). In laasgenoemde item het Monument se Amari van Niekerk verras toe sy met ‘n ewe uitstekende gooi van 49,00m silwer gewen het.
Lig die hoed hoog vir die manne van die 4x100m aflos vir seuns 17! Ian Wood, Marno du Plessis, Zander Schoeman en Marko Matthee, het die vorige Nellie-rekord van 44.04 (in 2015 opgestel) met ‘n spogtyd van 43.85 (808 ASA-punte) uit die rekordboeke gevee. Dit was voorwaar ‘n aflos wat nie lig vergeet sal word nie!
NHS se atlete het in totaal 52 individuele medaljes verower, met die seuns (28) wat hierdie keer die meisies (24) getroef het. Die verspreiding van medaljes oor die verskillende dissiplines, dui op ‘n goeie balans wat gehandhaaf is: Naellope (9); Middel-/langafstande (13), Hekkies (7); Spronge (8) en Worpe (15).
Baie geluk aan al die atlete wat met blinknuwe, Super-inter medaljes kan spog! Punte bo 800 word aangedui.
GOUD (eersteplekke)
Menzi Shiba (s.15): verspring – 6,44m (860); en 300m hekkies – 40.53
Kian Mouton (s.19): 1500m – 4:05.31 (845)
Janco Small (s.16): verspring – 6,65m (856)
Owen Ngwenya (s.15): hoogpring – 1,70m
Ashley Erasmus (m.19): gewigstoot – 15,96m (1000); en skyfwerp – 49,87m (1000)
Zané Nel (m.15): gewigstoot – 12,74m (873)
Simoné Lourens (m.15): 300m hekkies – 45.56 (871)
Sheba Sithole (m.16): 800m – 2:22.45 (825)
Zoë Cilliers (m.15): 100m – 12.63 (854)
Livy Owen (m.19): 100m hekkies – 15.68
Lana Theron (m.14): 200m – 25.74 (893); en 400m – 61.48 (811)
Shanese de Clerck (m.19): hoogspring – 1,60m
SILWER (tweedeplekke)
Divan de Kock (s.16): skyfwerp – 48,73m (852)
David Botha (s.17): spiesgooi – 56,25m
Franco Nieuhoff (s.14): 800m – 2:17.17
Ethan Green (s.15): 800m – 2:10.07
Anele Mkhonto (s.16): 800m – 1:56.12 (846)
Nathan Duncan (s.17): 800m – 2:00.13
Kian Mouton (s.19): 800m – 1:55.30
Janco Small (s.16): 100m – 11.50
Lian Antunes (s.15): 200m – 23.67
Jacques Bouwer (s.16): spiesgooi – 51,40m
Sheba Sithole (m.16): 1500m – 5:08.12; en 3000m m.17 – 10:39.86 (870)
Livy Owen (m.19): 400m hekkies – 67.37 (822)
Juané le Roux (m.16): skyfwerp – 33,55m (812)
Ashley Erasmus (m.19): spiesgooi – 32,82m
Lana Theron (m.14): 100m – 12.64 (868)
Simoné Lourens (m.15): 90m hekkies – 14.12 (857); en 400m – 60.97 (826)
Elizma de Villiers (m.16): hoogspring – 1,55m
BRONS (derdeplekke)
Vian Louw (s.15): gewigstoot – 13,76m
Joshua Fincham (s.19): 3000m – 10:01.13
Divan de Kock (s.16): gewigstoot – 16,37m (879)
Banele Ngwenya (s.17): hoogspring – 1,70m
Ryan Venter (s.19): gewigstoot – 14,29m
Tinyiko Silubane (s.16): 110m hekkies – 15.45
Rian Botha (s.15): spiesgooi – 43,94m
Marko Matthee (s.17): verspring – 6,10m
Mendel Smook (s.16): hoogspring – 1,70m
Ethan Green (s.15): 1500m – 4:39,38
Anele Mkhonto (s.16): 1500m – 4:17.17 (817)
Lian Antunes (s.15): 400m – 54.05
Kian Mouton (s.19): 400m – 50.55
Hayley Cousins (m.19): 3000m – 11:59.10
Zané Nel (m.15): skyfwerp – 34,41m (842)
Lourica vd Merwe (m.16): spiesgooi – 32,62m
Diané vd Walt (m.14); gewigstoot – 10,34m
Jessica Nel (m.15): hoogspring – 1,50m
Daar was natuurlik, gegewe die uiters strawwe kompetisie, nog heelwat ander blink prestasies. Om net ‘n paar te noem:
Aldo van Jaarsveld (s.14): 100m hekkies – 15.30; en 300m hekkies – 43.52
Reinhardt Coetzee (s.17): 3000m – 10:08.46
Marno du Plessis (s.17): 100m – 11.38; en 200m – 23.57
Menzi Shiba (s.15): 100m hekkies – 14.32
Vian Louw (s.15); skyfwerp – 41,84m
Ruben Lorist (s.19): skyfwerp – 38,40m
Divan Spruyt (s.14): 400m – 59.58
Megan Britz (m.14): 300m hekkies – 52.75; en verspring – 4,52m
Kristen Berry (m.19): 800m – 2:27.80; en 1500m – 5:17.96
Angelica Graham (m.19): 100m – 13.20; en 200m – 27.02
Zané du Toit (m.17): verspring – 4,80m
Layla Wienand (m.14): 90m hekkies – 15.33
Cherike Boshoff (m.17): 100m – 13.33; en 200m – 27.20; ook 400m – 62.91
Christine Venter (m.17): skyfwerp – 32,47m
Quinzelle vd Berg (m.14): 1500m – 5:57.93
Kaycee Fincham (m.15): 1500m – 5:25.32
Artikel verskaf deur mnr. Kobus de Wet.