15 Sep o/15A-Krieketspan onoorwonne
Die o/15A-krieketspan neem hierdie jaar aan die o/16-superliga deel. Hulle is tot dusver nog onoorwonne.
Die span het Vrydag 9 September teen Hoërskool Middelburg op NHS se tuisveld gespeel. NHS open die boulwerk en stuur die besoekers terug kleedkamer toe met net 124 lopies. Die volgende twee boulers het die beste gedoen vir die dag:
Vaughn van Zyl – 3 paaltjies vir 35 lopies in 8 beurte
Sirfaan Muller – 2 paaltjies vir 20 lopies in 5 beurte
Die volgende spelers teken die meeste lopies aan vir NHS:
John Duncan 39
Gherdu van Eeden 22 nie uit nie.
NHS wen met 3 paaltjies.
Hier is ‘n paar aksiefoto’s wat tydens hierdie wedstryd geneem is.