Ondersteunersklub verwelkom nuwe administrateur

Ondersteunersklub verwelkom nuwe administrateur

Opwindende veranderinge wink vir die Ondersteunersklub van Hoërskool Nelspruit. Die voorsitter, mnr. Alvean Venter, het tydens die eerste komiteevergadering van 2020 me. Elsabé Steyn verwelkom wat voortaan al die sake van die ondersteunersklub sal behartig. Klub 1000, soos dit vir 22 jaar bekendgestaan het, is gestig met die doel om ‘n ondersteunersklub te wees en om ‘n finansiële bydrae te maak vir die instandhouding en opgradering van geriewe by die skool.
Alle nuwe, bestaande of belangstellende lede word hartlik uitgenooi na die spesiale jaarvergadering wat op 27 Februarie om 18:00 by Fleur de Lis plaasvind. Kom vind meer uit oor die klub se toekomsplanne vir ouers, alumni en vriende van NHS.

Voor: Me. Ruchelle Berry, me. Marlene van Dyk en mnr. Alvean Venter (Agter) Mnr. Wimpie Bezuidenhout, me. Petronel Davey, me. Elsabé Steyn, mnr. Reinier van Rooyen en mnr. Herman van Duyker