Oorhandigingsfunksie van krieketklere

Oorhandigingsfunksie van krieketklere

Dit was ‘n groot voorreg om hierdie jaar se klereborg, LVM, teenwoordig te hê by die klereoorhandigingsfunksie van die eerste krieketspan.

Hierdie spesiale funksie is oudergewoonte aangebied in NHS se restaurant, Fleur-de-Lis, en is bygewoon deur die spelers en hulle ouers. Die afrigters, mnr. Morné van der Merwe en mnr. Johan Pretorius, het ‘n voorskou op die komende krieketseisoen aangebied.

“Dit is ‘n baie besige kwartaal met nog rugbywedstryde, kultuurgeleenthede en die rekordeksamen wat voorlê, maar die afrigters het hard gewerk om die bepalings en oefentye uit te werk en seker te maak dat die spelers by alles sal kan uitkom,” sê mnr. Morné van der Merwe.

Die eerstespan neem vanjaar deel aan die Laeveld Superliga, die T20- wedstryde en later in die jaar die Noord-Suid toernooi.

Die span oefen hard, is doelgerig en toon goeie spangees. Dit beloof om ‘n baie opwindende krieketseisoen te wees. Van hierdie wedstryde sal ook op die SuperSport Schools toep gebeeldsend word.

Die afrigters bedank graag vir LVM vir hulle betrokkenheid by die eerstespan.

Hier is die spelers wat gekies is om vir die eerstespan te speel:
Michiel Eksteen
Nathan Duncan
Hannes Feuth
Davico Kruger
Luann Strauss
Theuns Meyer
Braam Basson
Paul Harley
Luke Poisson
Keanan Pretorius
Nicholis Grobler
Brenden Boucher

Tags:
, , ,