Opsomming van NWU-Reeks vir kleinsportsoorte

Opsomming van NWU-Reeks vir kleinsportsoorte

NHS se kleinsportsoorte floreer in die NWU-reeks. Hier kry hulle die geleentheid om teen mededingende skole te kompeteer. Geluk aan al die spanne wat so voluit deelgeneem het.

Hier is ‘n opsomming van al die kleinsportsoorte se uitslae:

Bergfiets
Die bergfietspanne het deelgeneem op Koedoeslaagte-baan in Parys. Ons juniors het hul beste gegee en ‘n vyfde plek met ‘n totaal van 56 punte behaal. Die seniors het die kompetisie oorheers en vir Menlopark, Kloof en Middelburg uitgestof vir die eerste plek met 126 punte. Met hierdie puntetelling, het ons die tweede plek algeheel ingeneem. Ons is baie trots op elke Nellie wat soveel guts gewys het.

Muurbal
Die spelers wat gespeel het, was:  Eduard van Niekerk, Francois Vosloo, Ude van Veenhuyzen, Hannes Opperman, Jason Knoetze en Emile Endemann. Die skole wat deelgeneem het was:  Menlo, Waterkloof, Eldoraigne, Middelburg, Transvalia en Kemptonpark. Die Nellies het hul baie goed van hul taak gekwyt en hulself deeglik laat geld. Hulle behaal ‘n algehele ‘n tweede plek, nadat hulle teen Menlopark in die finaal verloor het, wat aan hulle ‘n silwer medalje besorg het. Dis voorwaar ‘n baie goeie prestasie wat NHS tot eer strek.

Skaak
Die NWU-reeks vir skaak is ‘n mededingend omgewing veral met skole soos Oos Moot en Waterkloof wat deel geword het van die reeks. Die Nelleis het algeheel ‘n sewende plek geneem.

Gholf
Die A- B en C- gholfspanne het vanaf 7-10 April deelgeneem te Koro Creek Gholfbaan in Modimolle. Die spelers het hul goed van hul taak gekwyt ten spyte van die reënerige en winderige omstandighede. Die spanne eindig aan die einde van die 3 dag-stryd soos volg:

A-span: 6de plek met ‘n totaal van 200 punte
B-span: 4de plek met ‘n totaal van 243 punte
C-span: 1ste met ‘n totaal van 274 punte

Landloop
NHS se landlopers het uitstekend presteer by die NWU-reeks in Potchefstroom. Die wind het gewaai en die reën was yskoud, maar elke atleet het hul beste gegee. NHS het ‘n algehele 4de plek behaal.

Tennis
Die NWU-Tennistoernooi het plaasgevind in Pretoria. Dit het verskriklik gereën en gelukkig het die deelneemers speelkans die tweede dag gekry. Dit was ‘n goeie toernooi met baie hoogtepunte en NHS se sportgees was aan die brand! NHS eindig algeheel 3de.