07 Mar Oud-Nellie aangewys as Rugbyspeler van die jaar
Duane Vermeulen is as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar aangewys. Vermeulen is ook as die Superrugby- en Unlocked-speler van die jaar vereer.
Ten spyte van die eise wat Covid-19 gestel het, het Duane nie net as agsteman presteer nie, maar ook as kaptein van die Vodacom Blou Bulle voorgeloop en die span tot oorwinning van die Unlocked- en Curriebeker-titel gelei. Die Blou Bulle is as span van die jaar aangewys.
Hoërskool Nelspruit is breëbors trots op dié oud-Rhino wat oor uitsonderlike rugbytalent beskik en ‘n al groter legende-in-wording op die rugbyveld is!
Foto: Duane Vermeulen met sy NHS erepenning wat hy in 2019 ontvang het.