
09 Mar Oud-Nellie skenk Rhino-trui
Hoërskool Nelspruit spog met ‘n trotse rugbykultuur wat jare lank al deur die Laeveldgemeenskap ondersteun word. Hier ontvang mnr. Hennie Skorbinski (Direkteur van Rugby) nog ‘n kosbare item wat in die spankamer vertoon gaan word. Mnr. George du Toit (Kaptein van die 1993-span) het sy nommer 7 trui aan die Rhinos geskenk. Die Rhinos van ‘93 was die Laeveld liga-wenners en mnr. du Toit spog ook as die rugbyspeler van daardie jaar.
Die eerstespan rugby se spankamer is die trots van die Rhinos. Dit is hier waar die span hegte bande smee en kosbare herinneringe maak.
Die manne draf Saterdag 11 Maart uit teen Hoërskool Dr. E.G. Jansen in die eerste wedstryd van die NWU-reeks.