02 Dec Oud-Nellie wen Johannesburg Ope Gholftoernooi
Hoërskool Nelspruit is saam met Thriston Lawrence verheug oor die groot oorwinning wat hy tydens die Johannesburg Ope Gholftoernooi behaal het.
Thriston sê: “ Dit is die beste gevoel in die wêreld! Om die Ope te wen is ‘n droom wat ek reeds op skool gekoester het.”
Mnr. Piet Uys (Hoërskool Nelspruit se gholf-organiseerder) het destyds saam met Triston gewerk. “Thriston het soveel potensiaal en nou het hy die nodige geleentheid gekry om dit te bewys. Ek is baie bly saam met hom,” sê mnr. Uys. Thriston wat die Nelspruit Gholklub verteenwoordig het, speel al sedert 2014 professioneel gholf en hierdie is sy derde Southern Africa PGA Tour oorwinning.
Met hierdie oorwinning kwalifiseer Thriston om by die 150ste Ope by St Andrews te speel. NHS wens hierdie oud-Nellie voorspoed en sterkte toe!