Palmam Qui Meriut Ferat

Palmam Qui Meriut Ferat

PALMAM QUI MERIUT FERAT
“Laat hom wat dit verdien, die palmtak dra.”

Hierdie kragtige skoolleuse “Palmam Qui Meriut Ferat” is deur die klas van 2021 gestalte gegee. Dié woorde pronk nou groot teen die muur reg langs die skoolsaal se ingang. Hierdie leuse lê baie na aan die hart van die matrikulante van 2021.  Die letters is gedurende die skoolvakansie opgerig en is na afloop van die laaste skooldag van die matrikulante ingewy . Die donateurs van hierdie projek het ook die geleentheid bygewoon. Die graad 12’s bedank graag al die borge wat hulle gehelp het om hierdie geskenk aan die skool te gee.

Jaarliks hoor die skool van oud-Nellies wat wêreldwyd die palmtak hoog dra.  Mag dit ook beskore wees vir die Klas van 2021.