
29 Oct Personeel groet leerders
Hoërskool Nelspruit onderwysers wat aan die einde van die jaar aftree, het Woensdag die geleentheid gekry om die Nellies te groet.
Juffrou Desiré Hattingh het vir 36 jaar hier skool gegee. “Ek sal nooit van julle kan afskeid neem nie – julle sal altyd na aan my hart wees,” sê juffrou Des.
Juffrou Susan Joubert is al 43 jaar ‘n onderwyser. Sy lag en sê dat van die leerders vir haar kom vra of sy die juffrou is wat vir hulle ouers skool gegee het. “Ek wil graag dankie sê vir julle liefde en selfs vir dié wat vir my moeilikheid gegee het in die klas!”
Meneer Sybrand Viviers het in 1986 begin as ‘n laerskoolonderwyser. “Ek was vir 16 jaar betrokke by Hoërskool Nelspruit en dit was vir my die beste en lekkerste tye gewees. Dit is ‘n voorreg om ‘n onnie te wees,” sê mnr. Viviers.
NHS gaan hierdie spesiale onderwysers baie mis!
- Me. Desiré Hattingh
- Me. Susan Joubert
- Mnr. Sybrand Viviers