
04 Oct Presteerders ontvang toekennings by Buitekurrikulêre Prysuitdeling
Tydens vanjaar se Buitekurrikulêre Prysuitdeling op Donderdag, 19 September is talle toekennings aan presteerders oorhandig. NHS se leerders het opslae gemaak, sommige selfs wêreldwyd, met hul uitsonderlike prestasies in sport en kultuur. Hierdie geleentheid is regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai.
Ronel Basson is aangewys as die Buitekurrikulêre Kultuurleerder van die Jaar vir haar deelname aan WCOPA in Los Angeles, waar sy as wêreldkampioen gekroon is en as beste senior aktrise uitgestaan het.
Tala Cronje het die titel van Buitekurrikulêre Sportvrou van die Jaar ingepalm vir haar deelname in die SA-yshokkiespan wat in 2023 in Bulgarye deelgeneem het. Tydens hierdie kampioenskappe is Tala as die speelster van die wedstryd aangewys.
Karlo Moolman is Buitekurrikulêre Sportman van die Jaar met sy bronsmedalje in judo by die SA-kampioenskappe.
Juane le Roux het as deel van SA se Paralimpiese span in Japan in gewigstoot en spiesgooi deelgeneem en is aangewys as NHS se Sportvrou van die Jaar.
Neil Burger, ons Sportman van die Jaar, het uitgeblink in swem en is nie net Mpumalanga se Senior Mansswemmer van die Jaar nie, maar hy het ook gekwalifiseer vir die SA National Aquatics swemkompetisie.
Megan Botha het ook ‘n spesiale toekenning ontvang vir haar buiteskoolse prestasie in padfietsry.
Baie geluk aan elke leerder wat met hul harde werk en toewyding hierdie prestasies behaal het.
Hier is die spesiale toekennings vir die jaar:
Buitengewone prestasie vir padfiets: Megan Botha
Buiteskoolse Kultuur leerder van die jaar: Ronel Basson
Uitvoerende kunste leerder van die jaar: Rossouw van Wyk
Visuele Kunste leerder van die jaar: Nina Prinsloo
Redenaar van die jaar
Junior: Rossouw van Wyk
Senior: Ronel Basson
Debatspan van die jaar: Ude van Veenhuizen, Marne Pretorius en Alissa van Niekerk
Sport
ASA Atleet van die jaar (dogter): Zoë Cilliers
ASA Atleet van die jaar (seun): Robroy Macgregor
Atleet van die jaar
Junior Dogter: Chenade Botma en Lenay Maree
Junior Seun: Naudé Breytenbach
Senior Dogter: Zoë Cilliers
Senior Seun: David Botha
Buitengewone Prestasie vir paralimpies
Juané le Roux
Hokkiespeler van die jaar
Junior Dogter: Isabel Prinsloo
Junior Seun: Nico Meyer
Senior Dogter: Chaney Prinsloo
Senior Seun: Waldemar Graham
Krieketspeler van die jaar
Junior: Safwaan Miller
Senior: Luke Poisson
Landloopatleet van die jaar
Junior Dogter: Leney Maree
Junior Seun: Julian Middel
Senior Dogter: Sheba Sithole
Senior Seun: Hanru Herbst
Muurbalspeler van die jaar
Dogter: Xi-Ané Roets
Seun: Eduard van Niekerk
Netbalspeler van die jaar
Junior: Jessica Nel
Senior: Siya Samba
Rugbyspeler van die Jaar
Junior: Rian Botha
Senior: Ian Wood
Skaakspeler van die jaar
Dominic de Beer
Swemmer van die jaar
Junior Dogter: Anja Buitendach
Junior Seun: Rossouw van Wyk
Senior Dogter: Karmen van Rensburg
Senior Seun: Neil Burger
Tennisspeler van die jaar
Junior Dogter: Simone Swart
Junior Seun: Mias Bezuidenhout
Senior Dogter: Chane Steyn
Senior Seun: Christiaan Bezuidenhout
Sportvrou van die jaar
Juané le Roux
Buiteskool: Tala Cronje
Sportman van die jaar
Neil Burger
Buiteskool: Karlo Moolman