Provinsiale-toernooi ‘n reuse sukses

Provinsiale-toernooi ‘n reuse sukses

Dit was vir Hoërskool Nelspruit ‘n groot voorreg om die gasheer te wees van die Mpumalanga Netbalkampioenskappe wat vanaf 15-17 Junie by ons en Laerskool Nelspruit se netbalbane plaasgevind het. Daar het 80 netbalspanne van regoor Mpumalanga deelgeneem.

Hierdie byeenkoms sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van SPAR en Aquelle nie. Ons wil ook graag vir NHS se organiseerders en ouers bedank wat die ekstra myl geloop het om die gaste welkom te laat voel en seker gemaak het dat die toernooi seepglad verloop het.

“Ons het top-klas skeidsregters in ons provinsie wat uitstekend geblaas het met die finale,” sê me. Sumari Herbst.

Hier is nog ‘n paar foto’s (Mamarazzi Photography Nelspruit) van die Panthers wat al hulle wedstryde gewen het en net-net in die finaal teen Middelburg verloor het.