Reëlings met betrekking tot die 21-dae inperking en skoolwerk

Reëlings met betrekking tot die 21-dae inperking en skoolwerk

Ons vertrou dat alle Nellie-ouers en kinders veilig en gesond is en die nodige maatreëls toepas om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk. Ons bid dat die Nelliegemeenskap beskerm sal word in die moeilike tyd van 21-dae inperking. Ons dink in die besonder aan ons ouers wat in die gesondheidsektor werksaam is. ‘n Besondere woord van sterkte en dank ook aan ons Nellie-ouers wat noodsaaklike dienste in hierdie tyd verrig.

Die personeel van Hoërskool Nelspruit vertrou dat die Nellies lekker vakansie gehou het. Ons beveel aan dat ons leerders die werk wat die personeel op sosiale media deurgee nougeset en getrou sal doen. Die aanbeveling is dat ons leerders ten minste 4 ure per dag aan akademie sal spandeer.

Die skool sal met u kommunikeer op die volgende platforms:

  • NHS-facebook blad
  • NHS Instagram
  • D6-kommunikeerder

Personeel gaan inligting deurgee op Google classroom (sien d6 “BRONNE/Studiehulp” vir intekenaanwysings) en/ of Whatsapp-groepe (klasverband).

Leerders word ook aangemoedig om die volgende studiehulp te gebruik:

  • Wolkskool deur Skole Ondersteuningsentrum elke weeksdag vanaf 08:30- 15:20. (personeel sal verdere inligting aan leerders deurgee)
  • Matriekhulp op RSG – Maandae tot Donderdae om 19:30. DBE TV on channel 122 – all day (1 April tot 30 September)
  • Klaskamer 10 uitsendings op DSTV kanaal 145 (gr 8 – 12 Wiskunde en Fisiese Wetenskap) – Maandae tot Vrydae 15:00

Ouers moet kennis neem dat ons nog nie presies weet wanneer die skole gaan heropen nie, maar die personeel sal beslis planne beraam om ‘n deeglike opvangstrategie daar te stel sodat ons
leerders sal kan eksamen skryf wanneer die “nuwe” eksamenroosters van die Departement van Basiese Onderwys dit bepaal.