28 Jun Reklame: Nuus van AON
Reklame: Nuus van AON
DIE WARE KOSTE VAN MOTOR DIEFSTAL
Hoe om jou risiko te verminder
Terwyl assuransie wel ‘n belangrike rol speel om jou finansieel weer op die been te kry na jou motor gesteel is, is daar dikwels onverwagte kostes wat jy dalk nie voor beplan het nie, en verdere verliese waaraan jy nie ‘n geldelike bedrag kan koppel nie. Volgens Aon Suid-Afrika, assuransie bemakelaar en risiko adviseurs, is die beste advies om jou risiko so ver as moontlik te verminder. Dit sluit in die inspanning van sekuriteitsmaatreëls wat kriminele sal afraai, verdedigende bestuurstegnieke en om die padreëls ten volle na te kom.
52
Motorkapings elke dag. |
109
Voertuie word daagliks gesteel. |
246
Daaglikse diefstalle uit ‘n voertuig. |
*Bron: SAPS crime stats 2020/2021
Daar is talle onverwagte kostes wat verhoed kan word:
- ‘n versekeringseis is onderhewig aan ‘n basiese bybetaling, gewoonlik 5% van die verlies. As jy ouer as 55 jaar is, betaal jy nie ‘n basiese bybetaling op persoonlike produkte wat deur Aon ontwerp is nie.
- Jou maandelikse versekeringspremies mag dalk verhoog na ‘n eis as gevolg van die verlies van jou ‘geen-eis bonus’.
- Verminder die kans van diefstal deur in ‘n veilige area te parkeer en jou voertuig snags te sluit. Die meeste versekeraars bied premiekorting aan indien jy vrywilliglik ‘n goedgekeurde opsporingstelsel installeer waar die polisvoorwaarde nie een vereis nie.
- Maak seker dat jy die maksimum motorhuur by jou polis ingesluit het om die koste en ongerief van vervoer te vermy terwyl jou assuransie jou voertuig
- Moenie waardevolle items in jou voertuig los nie – as dit onvermydelik is, maak seker dat dit buite sig is. Waardevolle items moet normaalweg onder jou “Alle risiko” gedeelte in jou polis gespesifiseer word, anders word dit nie gedek
- Voertuig sein versperring bly ‘n neiging en daar is gewoonlik geen dekking as daar geen bewyse van ‘n inbraak in die voertuig is nie – dit is belangrik om te kyk of jou motor gesluit is voordat jy
- Verstaan die basis waarop die verlies van jou voertuig gereken sal word deur die assuransie Kleinhandelswaarde is die prys waarteen die handelaar ‘n voertuig aan jou sal verkoop. Die mark waarde is wat jy sou verwag as jy die voertuig inruil. Op grond hiervan sal die eis bereken word.
- Krediettekortdekking moet geneem word indien die uitstaande balans die kleinhandelswaarde van die voertuig oorskry, sodat jy die uitstaande skuld kan vereffen as jou motor gesteel of afgeskryf
- Gebruik verdedigende bestuurstegnieke deur bewus te wees van pad- en weerstoestande, ander padgebruikers en gevaarlike situasies rondom jou. Neem die nodige stappe om te verhoed dat jy ‘n statistiek word.
- Dit is die bestuurder se verantwoordelikheid om versigtig te wees, die reëls van die pad na te kom en jou voertuig in ‘n padwaardige toestand te
Die doel is om jou risiko so ver as moontlik te verminder asook om die nodige versekering in plek te hê vir die ongelukke wat nie vermy kan word nie. Finansieel wil jy in dieselfde posisie opeindig as wat jy was voor die verlies.
Dit is wanneer die waarde van ‘n kundige makelaar wat aan jou kant is, na vore tree. ‘n Kundige makelaar sal jou kan help om die polisbewoording te verstaan. ‘n Makelaar sal ook leemtes in jou versekeringsdekking kan uitwys waar die risiko nie gedek is nie – iets wat baie mense eers in die eisfase ontdek as dit te laat is en dit jou moontlik ten duurste gaan kos.