Rooitapyt-première ‘n hoogtepunt

Rooitapyt-première ‘n hoogtepunt

Die revuegroep het vir twee jaar lank onverpoos gewerk aan Skouspel 2021 en op Saterdagaand is hierdie insette beloon met ‘n glansryke saamkykgeleentheid waarna al die harde werk op ‘n hoogtepunt afgesluit is.

Die vertoning is weens Covid-19 nie soos oudergewoonte in die stadsteater aangebied nie, maar is wel deur Signature Performing Arts and Theatre Technology opgeneem en regstreeks gestroom.

Vir die leerders is die rooitapyt uitgerol en is hulle in die skoolsaal ontvang om hierdie vertoning op die groot skerm saam te kyk.

Die span van Digitv het die première geleentheid regstreeks op die Nellie TV-kanaal uitgesaai. Mnr. Dylan en me. Sumari Herbst was uitstekende aanbieders. Hulle het verskeie onderhoude gevoer met soliste, dansers en met me. Ezette Mans (produksiebestuurder). Hier is die video: https://www.channels.digitv.co.za/player/nellietv/stream/a5d01e8ad5874bcdb756d8ad64dbb0b8

Dit was ‘n onvergeetlike oomblik toe die regstreekse stroom begin het. Die leerders het saam gesing en dans van die begin tot die einde van die vertoning.

Die laaste liedjie, We found love, gesing deur Zimri Leuvennink sluit die 25ste produksie af op ‘n hoë noot. Nie net het die leerders en produksiespan ‘n puik vertoning op die planke of te wel skerm gebring nie, maar ook hegte vriendskappe gesmee.

Baie geluk aan die hele produksiespan vir ‘n fantastiese Skouspel 2021!