Rugby Dinee ‘n groot sukses

Rugby Dinee ‘n groot sukses

Op Vrydag 8 Maart het Hoërskool Nelspruit ‘n spoggerige dinee by Mbombela Stadion aangebied as fondsinsameling vir die skool se rugbyprogram.
Die rooi tapyt is uitgerol en gaste het in deftige pakke en pragtige aandrokke die geleentheid bygewoon.
Een van die hoogtepunte van die aand was die insiggewende gesprek met oud-Springbok Fourie du Preez en Pumas afrigter Jimmy Stonehouse. Hulle het ervarings uit die wêreld van rugby met die gaste gedeel. Gedurende die aand is verskeie pryse opgeveil, heerlik gekuier en gedans.
Ons is opreg dankbaar teenoor die ouers wat agter die skerms hard gewerk het om hierdie funksie te reël, asook die gaste wat die geleentheid ondersteun en sodoende ‘n finansiële bydrae tot die skool se rugbyprogram gelewer het.
Hierdie funksie het groot momentum vir die seisoen gegee en met hierdie sukses gaan dit ‘n jaarlikse instelling word. Ons sien uit na nóg ‘n glansaand in 2026!

Borge:
MRV Events, Chicken Licken, Nitali Decor, Bright Nyumba, Francois Ferreira, Tops Malelane, Malelane Toyota, AgroData, Komati Fruits, Mjejane Bush Camp, Org van Rensburg, Damascus Plaas, Serenity Lodge, Matumi, Heuwelsig Plaas, Esperança Do Mar, Elephant Plains, Seldom Seen en Pumas.