Rugby meer as net ‘n passie

Rugby meer as net ‘n passie

Mnr. Hennie Skorbinski se passie vir rugby is onblusbaar. Met sy aanstelling as Hoërskool Nelspruit se direkteur van rugby aan die einde van 2019, het daar nog nie gras onder sy voete gegroei nie.

Nie net is hy aktief betrokke by NHS se rugbyspelers en -afrigters nie, maar ook by Skor@life Rugby Akademie waar hy tans 188 spelers, van ouderdom 6 tot 18 in die middae afrig.

Covid-19 en die gepaardgaande eise wat dit op skolesport gestel het, het hom ook nie onder gekry nie. Hennie het spelers en afrigters gemotiveer om op hulle eie aktief te oefen en hulself te kondisioneer vir wanneer die rugbyseisoen weer volstoom voortgaan.

Sy rugbybelange strek nog verder as die skool en die akademie. Hennie is onlangs as die hoof van die Mpumalanga Rugby Instituut aangestel. Die Instituut se fokus is om talentvolle spelers die geleentheid te bied om hoë kwaliteit rugby-afrigting en -ontwikkeling te kry en om ook ‘n nasionale kwalifikasie in landbou, bemarking of sportadministrasie te bekom.

Hennie werk hard om vir kinders deur middel van rugby hoop te bied. “Ek wil graag vir die Laeveld se rugbyspelers hoop gee en hulle toekomsdrome waar maak.” Hy sê hy sien die meeste uit dat die skolerugby-seisoen eersdaags afskop. “Ek kan nie wag vir die spelers om die geleentheid te kry om weer te kan speel nie.

Met Hennie se positiewe uitkyk op die lewe en sy passie vir rugby en mense, wink daar ‘n blink toekoms vir rugby in die Laeveld.

Hier is Mnr. Hennie Skorbinski saam met die Rhinos se kaptein, Gerard Venter (middel) en onderkaptein Charles Gates.