
15 Sep Sekretaressedag gevier
Posted at 08:36h
in Uncategorized
Dit is ‘n rare verskynsel om al die bekwame en besige kantoordames van NHS te kry om ‘n tydjie in die oggend te neem vir koek en tee. Vrydag was beslis ‘n uitsondering, want mnr. Hattingh en dié dames het uiteindelik die geleentheid gekry om Sekretaressedag te vier.
Tydens hierdie geleentheid is die spesiale groepie vroue bedank vir hul toewyding, harde werk en ondersteuning aan leerders, ouers en personeel.
NHS is beslis geseënd om kantoordames van hierdie kaliber te hê!
Op die foto saam met mnr. Johann Hattingh is Sonja Grimsdell, Chandré van Wyk, Theresa de Wet, Antoinette Erasmus en Zandra van der Merwe.