Sifiso Mahima se heengaan laat groot leemte

Sifiso Mahima se heengaan laat groot leemte

Die skielike afsterwe van die geliefde krieketafrigter, Sfiso Mahima, laat ‘n groot leemte by NHS, Johan Rudolph-krieketakademie en die wyer krieketgemeenskap.

Sfisio het in 2015 aangesluit as hulpafrigter by Johan Rudolph-krieketakademie. Hy het vinnig in die harte van die leerders en personeel ingekruip. Sy leuse: “Dit maak nie saak of jy wen nie, so lank jy net elke keer alles gee”, sal ons nog lank bybly.

Almal by die krieket-akademie was gaande oor hom en betreur sy heengaan. Buiten dat hy ’n uitstekende afrigter was en geweet het hoe om met kinders te werk, was hy ook ’n hardwerkende man. Sy passie vir krieket was aansteeklik.

Sfiso sal onthou word as ‘n taai afrigter wat die leerders gedruk het om 100% te gee. Hy was joviaal, geduldig en behulpsaam. Vir baie was hy meer as net ‘n afrigter, hy was ook ‘n mentor en ‘n vriend. Buiten krieket was hy lief vir tuinmaak en plante. Vir hom was sy familie alles. Hy laat sy vrou, Bongile, en hulle twee dogters agter.

Huldeblyke wat op Facebook gedeel is:
“RIP Sofie – Lost a great coach that became a friend that became family. I am going to miss you so much. Thanks for all the memories. You’ve been such a role model. Who is going to give me so much grief now about my batting and bowling? You’ve teach me so much in life. Words cannot describe it. I love you so much.”- Bernard Vorster
“A very big loss to our academy and to me personally!!!!!! I lost one of my best friends and a top quality coach. RIP Sifiso you were a legend amongst all the kids and parents!!” – Johan Rudolph
“Wat ‘n verlies. Sfiso was ‘n rolmodel vir baie krieketseuns en dit altyd met ‘n glimlag. RIP Sifiso”- Liza van der Merwe

“What a great guy and super coach. He will be missed for sure. This is a sad day. Gone too soon!” – Matthew Steyn