29 Mar Skitterblink prestasies vir NHS-atlete op klubkampioenskappe te Potchefstroom
‘n Groot getal van die sterkste atletiekskole in die land, se ster-atlete was op Vrydag 19 en Saterdag 20 Maart by die bekende Kenneth McArthur Stadion in aksie, waar sekerlik (wat getal inskrywings en puik vertonings betref) die junior-byeenkoms van die jaar plaasgevind het! NHS se uitblinkers was ook daar, as lede van Nelspruit se LowMed-klub, en het die Laeveld se naam hoog gehou deur met verskeie medaljes huiswaarts te keer.
Die byeenkoms is landswyd deur ‘Youtube’ op sosiale media gebeeldsend, en die uitstekende aankondiger het die gehalte wat gelewer is, soos volg opgesom: ‘Hierdie kon netsowel die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gewees het!’ Dit, nadat verskeie beste afstande, tye en hoogtes van die jaar, aangeteken is.
Dis baie interessant – en verblydend! – om te sien dat twee van NHS se junior (onder 14) atlete, met goue medaljes in die deurlugtige geselskap kon wegstap. Baie geluk aan Vaughn van Zyl, wat eerste in skyfwerp s.14 was toe hy die skyf op ‘n mooi afstand van 48,32m (803 ASA-punte) laat grondvat het. Onder die meisies, het die jonge Sheba Sithole in die 800m vir m.14 (820 punte), te veel woema vir haar teenstanders gehad en die wedloop in ‘n uitstekende tyd van 2:24.94 voltooi.
Prestasiegewys, was staatmaker Ashley Erasmus weer die groot uitblinker, deur in beide haar items, meer as 900 ASA-punte te verdien: Gewigstoot m.18 – 16,73m (994); en skyfwerp – 43,48m (945). Enige atleet wat in hierdie items haar visier op ‘n nasionale titel vanjaar het, moet gewis eers by Ashley verby kom!
Die volgende Nellies, benewens die twee wat reeds genoem is, spog met pragtige medaljes :
Marco Capazorio (s.18): 400m hekkies – 54.40 (silwer, 840 punte); ook 110m hekkies – 14.67 (weer silwer, asook 840).
Divan de Kock (s.14): skyfwerp – 44,11m (silwer, 776)
Ashley Erasmus (m.18): gewigstoot – 16,73m (silwer, 994); ook skyfwerp – 43,48m (brons, 945)
(* beide prestasies is nuwe Nellie-rekords vir m.16)
Vaughn van Zyl (s.14): gewigstoot – 14,10m (silwer, 803)
Leon du Plessis (m.20): hoogspring – 1,75m (silwer)
Handré vd Merwe (s.18): 110m hekkies – 14.74 (brons, 832); ook 400m hekkies – 54.97 (brons, 816)
Shanese de Clerck (m.18): verspring – 5,45m (brons, 732. *Nellie-rekord vir m.16); ook driesprong 11,31m (brons) *Nellie-rekord vir m.16
Elizma de Villiers (m.14): hoogspring – 1,50m (brons, 700)
Nog prestasies van 800 en meer ASA-punte:
La-Alizia Venter (m.18): gewigstoot – 11,93m (816)
Jolanke van Zyl (m.18): spiesgooi – 40,03m (808)
Sheba Sithole (m.14): 1500m – 4:59.66 (800)
Die ASA-tabel is veel strawwer as die ABSA-tabel wat voorheen gebruik is, derhalwe noem ons graag ook die uitslae wat meer as 700 punte verdien het:
Christine Venter (m.16): skyfwerp – 30,90m (783)
Zané Potgieter (m.18): 200m – 27.02 (779); ook 100m – 13.24 (755)
Shanese de Clerck (m.18): driesprong – 11,31m (778); ook verspring – 5,45m (732)
Divan de Kock (s.14): skyfwerp – 44,11m (776)
Lallie Grobler (m.18): 400m hekkies – 71.64 (774)
Nathan Duncan (s.16): 1500m – 4:26.52 (772)
Nicci Viljoen (vroue 20): 400m hekkies – 71.05 (771); ook 100m hekkies – 16.39 (754)
André Potgieter (s.18): 200m – 22.76 (764); ook 100m – 11.24 (763)
Shana Scott (v.20): skyfwerp – 33,11m (763); ook gewigstoot – 9,56m (755)
Juané le Roux (m.14): gewigstoot – 9,82m (762): ook skyfwerp – 26,68m (722)
Kristen Berry (m.18): 800m – 2:29.20 (752); ook 1500m – 5:11.37 (708)
Megan Botha (m.14): 90m hekkies – 16.09 (750); ook 300m hekkies – 52.12 (746)
Azelle du Preez (m.14): 90m hekkies – 16.12 (748); ook 300m hekkies – 53.39 (725)
Alexandré Viljoen (s.18): 400m – 52.51 (747)
Anja Venter (m.18): skyfwerp – 29,94m (737); ook gewigstoot – 9,79m (724)
Luan Steyn (s.18): 3000m – 10:07.13 (734)
Karl Erichsen (s.18): skyfwerp – 40,30m (729)
Jana Engelbrecht (v.20): 100m – 13.32 (723); ook 200m – 27.76 (722)
Liemoni Joubert (m.14): 100m – 13.95 (709)
Zané du Toit (m.16): 200m – 28.90 (706)
Melding moet vir seker ook gemaak word van onder andere:
Nathan Duncan (s.16): 800m – 2:03.91
Jacques Bouwer (s.14): spiesgooi – 40,94m
Violet Taljaard (m.14): spiesgooi – 30,79m
Chané Strydom (m.18): spiesgooi – 33,15m
André van Schalkwyk (s.18): 800m – 2:06.50
Ruan de Beer (s.16): 300m hekkies – 43.71
NHS wens ook twee van sy buur- en voedingskool se atlete wat eweneens skitterend vertoon het, van harte geluk met puik prestasies! Laerskool Nelspruit se Zané Nel (m.13) wen goud in gewigstoot (12,31m, 929) en behaal ook ‘n spog-afstand van 35,26m (803 punte) in skyfwerp. Zoé Cilliers (ook m.13) se blink naellooptye van 13.24 (100m, 832) en 27.37 (200m, 833) toon ook groot belofte vir die toekoms.
Komende naweek is dit dan ‘sulke tyd’, wanneer NHS se hoopvolles op insluiting in die provinsiale span na die SA-kampioenskappe, na Secunda opruk waar provinsiale kleure en spoggerige medaljes op die spel is. Baie sterkte aan ons atlete en hul afrigters, ons sien reikhalsend daarna uit om goeie nuus vanaf Secunda te verneem!