Spesiale geleentheid vir die Panthers en Black Sticks

Spesiale geleentheid vir die Panthers en Black Sticks

Die eerstespan klereoorhandigingsfunksie is ‘n baie spesiale geleentheid vir die borg en die spelers. Tydens hierdie funksie kry die borg die geleentheid om die speelklere uit te deel aan die spelers. Ons is baie dankbaar vir die betrokke besighede wat die klere borg maar ook uitreik na die span en hulle deurlopend gedurende die seisoen ondersteun.
Die Panthers (eerste netbalspan) het Dinsdag 25 April ‘n spoggerige funksie by Mbombela Stadion bygewoon waar mnr. Zirk Spruyt (McDonalds) die klere aan die spelers oorhandig het.

Die Black Sticks (eerste hokkiespan) het Donderdag 4 Mei by Fleur de Lis funksie gehou waar mnr. Morné Jacobs (CTM Nelspruit) die klere aan die spelers oorhandig het.

Fotos: Mamarazzi Photography Nelspruit (Netbal) en HH Photography (Hokkie)