Spogaand vir HHD-Bulle

Spogaand vir HHD-Bulle

Huis Hermann Davin se graad 10’s (Amor) het Donderdag 12 Oktober ‘n spoggerige dinee vir die graad 12’s aangebied.

Vanjaar se tema was Top Gun: Maverick die film, wat almal aan die gons het.  Die Bulle, hulle gades en gaste is ook met ‘n heerlike driegangmaaltyd bederf.

Ander spesiale gaste wat ook hierdie geleentheid bygewoon het, is die klas van 2012. Mnr. Tiaan van Dyk (Dux van 2012) het tydens sy spreekbeurt gesê dat dit ‘n groot voorreg is om na 10 jaar na die skool terug te kom en te sien dat die tradisies en die waardes nog dieselfde is. “Ons as oud-Bulle koester nou nog die goeie tye wat ons saam in die koshuis gehad het.”

Die tradisie van die inwyding van die swaard is ook weer voortgesit. Die 2012-groep het die geleentheid gekry om hulle swaard in die galery te plaas.

Tydens die dinee is daar ook akademiese-, sport- en ander spesiale toekennings gemaak.

Baie geluk aan al die pryswenners!