18 Oct Sport-, kultuur en betrokkenheidstoekennings 2019
Hoërskool Nelspruit het Donderdag, 3 Oktober die eerste van twee prysuitdelings aangebied waartydens daar sport-, kultuur en betrokkenheidstoekennings gemaak is. Balkies, erekleure en spesiale erepennings vir nasionale prestasies is ook toegeken. Toppresteerders in die skool het ook trofeë ontvang. Die aand is moontlik gemaak deur CK@NHS Sport en Skooluitrusters.
KULTUURPERSOONLIKHEID VAN DIE JAAR:
Junior dogter: Rhezané Oberholzer
1ste en 2de plekke tydens die Nasionale Radikale Redenaars (einde 2018)
Junior seun: Dawie van Heerden
7de plek tydens die Nasionale Radikale Redenaars (einde 2018)
Lid van die Tienertoneel
Senior dogter: Anika Kotzé
4de plek tydens die Nasionale Radikale Redenaars (einde 2018)
Lid van die Tienertoneel
Senior seun: Ernst Pieterse
2de Plek tydens die Nasionale ATKV redenaars
ATKV debat – 5de Nasionaal
Dink of Sink debat – 2de in die streek
Agenda debat – 4de in die streek
Public speaking – provinsiale deelname
4 jaar lid van die Fotografieklub
RDV Voorsitter 2019
Lid van die Tienertoneel
ABSA ATLEET VAN DIE JAAR
Dogter: Ashley Erasmus VOLPUNTE 1200 ABSA punte (D14 Skyfwerp 42,27m)
Seun: Douw Kruger VOLPUNTE: 1200 ABSA punte (S17 Gewigstoot 19,99m)
ATLEET VAN DIE JAAR
Junior Dogter: Ashley Erasmus
2de plek SA Skole kampioenskappe D14 Skyfwerp en Gewigstoot
Junior Seun: Handré van der Merwe
9de plek SA Skole kampioenskappe, 300m Hekkies S15
Senior dogter: Rhodé Nel
4de plek SA Skole kampioenskappe, 100m D17 (Sy is nog 16)
Senior seun: Douw Kruger
2de plek by Afrika Kampioenskappe in Abidjan Ivoorkus.
Gewigstoot 19,5m
BERGFIETSRYER VAN DIE JAAR
Hijke Coetzee (2018 uitslae)
Mpumalanga kleure verwerf
Tweede plek tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe
BERGFIETSRYER VAN DIE JAAR
Luan Snyman (2019 uitslae)
Mpumalanga kleure verwerf
5de plek tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe
HOKKIESPELER VAN DIE JAAR
Junior Dogter: Lize Oosthuizen
Mpumalanga 0/14A span – MPU en skool kaptein
Junior Seun: Hendrik Dreyer
Mpumalanga 0/16A span – MPU en skool kaptein
Senior dogter: Cherise van Duyker
Mpumalanga 0/18A span – MPU en skool kaptein
Senior seun: Adriaan Smit
Mpumalanga 0/18A span
KRIEKETSPELER VAN DIE JAAR
Junior: Hugo Coetzer
Mpumalanga 015B span
Senior: Jacques Vosloo
Mpumalanga 0/19A span – kaptein
Mpumalanga Senior (Africa Cup) en Nasionale 0/17 groep
LANDLOPER VAN DIE JAAR
Junior dogter: Berna Kok
Mpumalanga kleure
Junior seun: André van Schalkwyk
Mpumalanga kleure
Senior dogter: Mila de Villiers
Mpumalanga kleure
Senior seun: Andreas van Heerden
Mpumalanga kleure
MUURBALSPELER VAN DIE JAAR
Dogter: Jeanné Henning
Mpumalanga SA Country Schools span
Speel posisie nommer 1
Seun: Neil Henning
Deel van span wat 1ste in Mpumalanga Interhoër ge-eïndig het en 3de in die NWU-reeks
Mpumalanga SA Country schools span
Kaptein van die skoolspan
In 5 jaar nog nooit ‘n wedstryd verloor nie.
NETBALSPELER VAN DIE JAAR
Junior: Lisa Ingwersen
Mpumalanga 0/15A – Kaptein
Senior: Bessie Breytenbach
Mpumalanga 0/18A
RUGBYSPELER VAN DIE JAAR
Junior: Christiaan Gates
Grant Khomo span – MPU Onder-kaptein en skool kaptein
Senior: Chyle van Zyl
Cravenweek span – MPU kaptein
SEWES RUGBYSPELER VAN DIE JAAR
2018
Chyle van Zyl
0/17 Cravenweekspan – Skoolkaptein
2019
Waldo Stoltz
0/17 Cravenweekspan – Skoolkaptein
SKAAKSPELER VAN DIE JAAR
Junior: Suné du Preez
Beste speler op bord 3 by SA kampioenskappe
Sy is uitgenooi na die SA Jeug kampioenskappe
Ehlanzeni toekenning vir beste 0/16 en 0/20 dogter
Senior: Johan Visser
Mpumalanga provinsiale kleure, deelgeneem aan SA’s
Speel bord 1 tydens die NWU-reeks
Kaptein van die skoolspan
SWEMMER VAN DIE JAAR
Junior dogter: Izanie van der Merwe
2de plek by SA swemkampioenskappe
Junior seun: Dylan Boshoff
1ste plek by SA swemkampioenskappe
Senior dogter: Carla Mouton
2de plek by SA swemkampioenskappe
Senior seun: Robbie Drummond
2de plek by SA swemkampioenskappe
TENNISSPELER VAN DIE JAAR
Junior Dogter: Arili Boshoff
Mpumalanga provinsiale kleure
Junior Seun: Michiel Eksteen
Mpumalanga provinsiale kleure
Senior dogter: Lize van Biljon
Mpumalanga provinsiale kleure
Senior seun: Japie Lubbe
Mpumalanga provinsiale kleure
BUITESKOOLSE SPORTVROU VAN DIE JAAR
Sonet Vermaak: GOUDPAN
- Gedurende Nasionale Kampioenskappe op Pelgrimsrus kom sy eerste in die kategorie Professionele vroue. Sy was ook deel van die drieman en vyfman spanne wat goud gewen het.
- Sy was deel van die Suid Afrikaanse span wat in Finland aan die Wêreld kampioenskappe deelgeneem het.
- Sy behaal sukses in die spankompetisies, maar ontvang geen medaljes nie.
BUITESKOOLSE SPORTMAN VAN DIE JAAR
Christo Nagel: STOEI
- Hy behaal twee 3de plekke by die Suid Afrikaanse president stoei kampioenskappe in Maart maand.
- Tydens die Junie vakansie verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Wêreldspele in Budapest en behaal ‘n 7de plek.
- Christo het die afgelope vakansie tydens die Suid-Afrikaanse Skole Jeug stoeikampioenskappe ‘n eerste plek behaal in die Jeug Grieks-Romeinse afdeling.
- Hy is dus die Suid-Afrikaanse kampioen in sy afdeling.
SPORTVROU VAN DIE JAAR: Carla Mouton
SPORTMAN VAN DIE JAAR: Douw Kruger