Sportspesialiste bedank 2020 wintersportborge

Sportspesialiste bedank 2020 wintersportborge

Op Donderdag, 5 Maart tydens ‘n spesiale funksie by die skool se restaurant, Fleur-de-lis, het NHS se hokkie-, rugby-en netbalsportspesialiste die geleentheid gekry om die jaar se onderskeie sportspanne se klereborge, hartlik vir hulle borgskappe te bedank. Sonder hierdie besighede se borgskappe en die ouers se ondersteuning is dit nie moontlik om die suksesse te behaal waarna die skool strewe nie.

Die volgende borge word hartlik bedank:
Netbal borge:
Westend Superspar, CK Embroideries en Corroseal Corrugated
Rugby borge:
KMIA, Landrover Nelspruit, Zest Fruit, Credo Professionele Rekenmeesters, Sensational Nuts and Fruit, Ford Barberton, WB Civils & Project Management, Wildman Nelspruit en ACDC Nelspruit.
Hokkie borge:
CTM Nelspruit, BUCO Nelpruit, Laeveld Agrochem, Stabilicor, iSecure, Poolware, JEV Petroleum, Chemicorp, NTT Toyota Barberton, Kishugu en Nashua Lowveld.

Die verskeie sportspanne het hard tydens die voorseisoen geoefen en is opgewonde oor die ligawedstryde wat binnekort afskop. Dagboek dié datums vir die volgende tuisbyeenkomste:14 Maart: NHS vs Eldoraigne (Wintersportdag)
9 Mei: Virsekerbeker NHS vs Hoërskool Montana
16 Mei: Virsekerbeker NHS vs Hoërskool Middelburg (en hokkie ligawedstryde)
23 Mei: NHS vs Ligbron (Hokkie en Netbal)
25 Julie: Virsekerbeker NHS vs Hoërskool Transvalia
1 Augustus: Virsekerbeker NHS vs Hoërskool Zwartkop