29 Jun Stap of hardloop saam met die Nellies
UITDAGING #1
NHS-Sportburo nooi ieder en elk uit om vanaf Vrydag 3 Julie saam te stap en hardloop. Daar word gepoog om genoeg kilometers bymekaar te maak om deur sewe van die Nasionale Parke te draf!
Jy kan in jou eie omgewing stap of hardloop, maar virtueel deel wees van ‘n groot groep Nellies wat deur die pragtige Nasionale Parke hardloop.
Vir hierdie uitdaging word daar van jou verwag om enige tyd vanaf Vrydag 3 Julie 12h00 tot Sondag 5 Julie 12h00 ‘n paar kilometer af te lê. Aan die einde van die uitdaging moet hierdie Google Form (https://forms.gle/jFNAY6aqe2knPucv6) ingevul word. Heg asseblief die bewys van die afstand wat jy afgelê het aan. Dié bewys kan via ‘n skermgreep van enige toepassing (soos Strava, Adidas Running, Samsung Health ens.) gedoen word. Stuur sommer ook ‘n foto van jouself en familielede wat die uitdaging saam aangepak het na jcronje@nelliesh.co.za
Na afloop van die uitdaging sal jy ‘n virtuele medalje ontvang. Roer jou litte en maak daai veters vas vir NHS se eerste virtuele byeenkoms!