Stillewes met kos

Stillewes met kos

NHS se fotografieklub het die grendeltydperk benut om hulle tegnieke met die kamera te verbeter. Die klub vergader aanlyn op Google Classroom. Allerhande interessante wenke en inligting in verband met fotografie word hier bespreek en met die lede gedeel.

Een van die uitdagings wat mnr. Riaan Swanepoel (organiseerder) aan hulle gestel het, was om ‘n stilllewe met kos as tema af te neem. Die voorvereiste van hierdie uitdagings was om kreatief buite die boks te dink en om dit boonop te geniet.

Hier is ‘n paar van die foto’s wat die lede met ons gedeel het.