15 Aug Teaterstel in skoolsaal opgerig
‘n Volledige teaterstel, geskik vir ‘n televisie-opname, is die afgelope week in NHS se skoolsaal opgerig. Die stel word al vir die afgelope vier jaar gebruik, maar is vir die eerste keer in die hartklop van die skool gebou.
Mnr. Koos Schoonraad en sy span is die groot taak opgelê om die stel gereed te kry. Die mooimaak van die stel is alles mnr. Chris Mans se handewerk. Die personeel het die voorreg gekry om vir die eerste keer te sien hoe hierdie struktuur gestalte kry. Elke dag is ‘n nuwe gedeelte aanmekaar gesit. In ‘n oogwink is hierdie indrukwekkende stel gebou en toe het die bekwame mnr. Mans met die verfkwas ingespring. Die laaste verfwerk is afgehandel net voordat die tegniese span oorgegaan het tot aksie.
Hier is ‘n paar foto’s wat geneem is tydens die oprig van die stel en mnr. Mans met sy verfkwas.
Die groot onthulling van die revuestel kan te sien wees op Saterdag 21 Augustus met die regstreekse stroom van dié produksie.
Koop nou jou kaartjie by www.skoolproduksies.co.za