Tuisbyeenkoms: Sterk kompetisie haal die beste uit die Nellies!

Tuisbyeenkoms: Sterk kompetisie haal die beste uit die Nellies!

Deur die jare was en is die tradisionele tuis- atletiekbyeenkoms, ‘n hoogtepunt op NHS se jaarkalender – en gewis ‘n byeenkoms wat nie sommer misgeloop word nie. Vanjaar se geleentheid het op Saterdag 27 Januarie in swoel omstandighede plaasgevind, en dit was weer veral die sterk spanne van Seuns en Meisies Hoër (Affies) van Pretoria, asook buurskool Rob Ferreira van Witrivier, wat gesorg het dat Hoërskool Nelspruit se atlete tot die uiterste beproef is. Dit was eweneens ook ‘n voorreg om die spanne van Middelburg en Ermelo, ter plaatse te verwelkom.

Statistiekgewys, was Kryn Romijn van Ermelo (s.17) en Timeke Coetzee van Meisies Hoër (m.19) sekerlik die grootste uitblinkers. Romijn het die 400m vir seuns 17  in ‘n puik tyd van 48.95 genael; terwyl die jonge Coetzee die oë laat rek het toe sy ‘n volle 6,13m in die verspringput geland het.

Gegewe die vroeë stadium van die nuwe seisoen, asook die ongemaklike hitte, was dit half te verwagte en verstane dat prestasies van bo 800 punte op die ASA-tabel, maar aan die skraal kant was. Vir NHS het veral Jordan Pretorius (s.17) en Zané Nel (m.16) hier die vlag hoog laat wapper. Na sy pragtige 6,90m in verspring tydens die interhuis, het Jordan dié prestasie met ‘n stewige 6,71m (817 punte) opgevolg. Zané het die jaar begin, waar sy 2023 geëindig het, deur in beide haar twee items, meer as 800 punte te verwerf: Gewigstoot – 13,06m (872); en skyfwerp – 34,81m (832)

Baie geluk aan die volgende Nellies, wat podiumplekke (onder die eerste drie) in hul onderskeie individuele items kon behaal. ASA-punte bo 750 word aangedui:

Eersteplekke:
Menzi Shiba (s.16): 110m hekkies – 14.86 (804); ook verspring – 6,32m (756) *interhuis – 6,58m
Naudé Breytenbach (s.14): 400m – 56.85
Jordan Pretorius (s.17): verspring – 6,71m (817)
Graeme van Zyl (s.19): gewigstoot -13,73m (755)
Wiaan von Benecke (s.19): skyfwerp – 33,43m
Dawid Botha (s.19): spiesgooi – 55,65m

Zoë Cilliers (m.16): 100m – 12.82 (791); ook 200m – 26.45 (813)
Chenade Botma (m.14): 400m – 63.97 (761); ook verspring – 4,89m
Ava Oosthuizen (m.16): 800m – 2:30.58; ook 1500m – 5:13.85
Roejandi Coetzee (m.16): hoogspring – 1,55m (* het ook 1,60m by interhuis gespring)
Anushka Botma (m.17): verspring – 4,97m

Tweedeplekke:
Menzi Shiba (s.16): 100m – 11.75; ook 200m – 23.69; en 400m hekkies – 60.53
De Jongh Schreuder (s.14): 400m – 61.38
Julian Middel (s.14): 800m – 2:22.76; ook 1500m – 4:56.60
Anele Mkhonto (s.17): 800m – 2:03.62
Aldo van Jaarsveld (s.15):verspring – 5,93m; ook hoogspring – 1,70m
Owen Ngwenya (s.16): hoogspring – 1,75m
Tye Habib (s.16): verspring – 6,08m (*interhuis – 6,30m)
Jacques Winterbach (s.14): gewigstoot – 12,26m; ook skyfwerp – 39,43m
Vian Louw (s.16): skyfwerp – 41,31m (754)
Daniël Marais (s.16): spiesgooi – 48,12m
Jacques Bouwer (s.17): spiesgooi – 53,39m

Zané Nel (m.16): gewigstoot – 13,06m (872); ook skyfwerp – 34,81m (832) * Zané het reeds by die interhuis, afstande van 13,77m en 36,68m behaal.
Chenade Botma (m.14): 100m – 13.25 (764); ook 200m – 27.34 (787)
Riëtte Botha (m.14): 400m – 65.25; ook verspring – 4,52m
Zoë Cilliers (m.16): 400m – 61.16 (799)
Mieke Pauer (m.14): 800m – 2:34.55
Leney Maree (m.14): 1500m – 5:13.31
Sheba Sithole (m.17): 3000m – 11:19.04 (808)
Simoné Lourens (m.16): 400m hekkies – 69.37 (812)
Jessica Nel (m.16): hoogspring – 1,50m
Elizma de Villiers (m.17): hoogspring – 1,50m
Mia du Preez  (m.14): gewigstoot – 10,64m (800); ook skyfwerp – 26,76m
Vicky J. van Vuuren (m.16): spiesgooi – 32,48m
Juané le Roux (m.17): spiesgooi – 34,43m
Marike Wasserman (m.14): 90m hekkies – 15.55 (771)

Derdeplekke:
Lian Antunes (s.16): 200m – 24.22
Tiaan Augustyn (s.15): 400m – 57.33
Franco Neuhoff (s.15): 800m – 2:14.80
Ethan Green (s.16): 800m – 2:07.83
Joshua Fincham (s.17): 800m – 2:05.71
Stefan Coetzee (s.19): 800m – 2:12.70
Henru Herbst (s.16): 1500m – 4:31.87; ook 3000m s.17 – 9:58.99
Anele Mkhonto (s.17): 1500m – 4:31.81
Michael Venter (s.14): 100m hekkies – 16.63
Aldo van Jaarsveld (s.15): 100m hekkies – 14.45 (766)
Jordan Pretorius (s.17): 110m hekkies – 16.03
Godwin Dube (s.19): 400m hekkies – 64.96
Banele Ngwenya (s.19): hoogspring – 1,80m
Mikhail van Tonder (s.17): driesprong – 11,37m
Robroy MacGregor (s.15): gewigstoot – 14,12m (798); ook skyfwerp – 39,02m
Erenst Zeelie (s.14): spiesgooi – 40,32m
Vian Louw (s.16): spiesgooi – 45,07m

Riëtte Botha (m.14): 100m – 13.74; ook 200m – 28.34
Lana Theron (m.15): 100m – 13.53; ook 200m – 27.20 (783)
Anushka Botma (m.17): 400m – 65.23
Zané du Toit (m.19): 400m – 66.21; ook verspring – 4,65m
Menique van Zyl (m.16): 800m – 2:34.87; ook 1500m – 5:28.49
Zoë Cilliers (m.16): 100m hekkies – 16.47
Azelle du Preez (m.17): 400m hekkies – 71.74 (773)
Lua Henning (m.14): verspring – 4,43m
Liemoni Joubert (m.17): driesprong – 9,61m
Bianca van Zyl (m.19): driesprong – 8,91m
Celesté Classen (m.14): gewigstoot – 10,35m (786)
Diané vd Walt (m.15): gewigstoot – 10,53m (781)

Vanweë die sterk mededinging en hoë standaard, was 750+ punte nie oral goed genoeg vir ‘n top 3 posisie in sommige items nie. Baie geluk ook aan die volgende Nellies, wat nietemin baie trots op hul prestasies kan wees:

Juané le Roux (m.17): gewigstoot – 11,76m (809)
Yurika Kraft (m.17): gewigstoot – 11,55m (800)
Vian Louw (s.16): gewigstoot – 13,55m (753)

Prysuitdeling fotos:

Nou verskuif die fokus na die Rand, waar die atlete die voorreg sal hê om op tartan-oppervlak en teen nog ander sterk Gauteng-skole, vir vanjaar se interhoër te slyp. Baie sterkte!

Artikel: Mnr. Kobus de Wet
Foto’s: Hennie Homann