Twee Nellies binnekort in kortfilm te sien

Twee Nellies binnekort in kortfilm te sien

Evangelique Lloyd en Caitlin Oosthuizen (albei in graad 9) is die beurswenners van Speeltoneel. ABS produksies behartig die projek en het bykans 1 200 oudisies in Nelspruit, Pretoria en Bloemfontein gedoen waarna net vyf beurse toegeken is.

Dié twee Nellies het alreeds met die gevorderde dramakursus en ekstra dansklasse by Amor Vintoni begin. Hierdie opleiding is ter voorbereiding vir die kortfilm wat saam met die bekende akteurs Albert Maritz en Desiré Gardiner opgeneem word. Die films word op DSTV se VIA kanaal 147 uitgesaai.

Hierdie is hopelik net die begin van iets groots vir hierdie twee talentvolle Nellies!