Tweede NHS-byeenkoms lewer mooi prestasies

Tweede NHS-byeenkoms lewer mooi prestasies

Hoërskool Nelspruit se tweede voorseisoen-atletiekbyeenkoms (Blitz B) het verlede Donderdag, 22 September, vir ‘n hele reeks blink vertonings gesorg. Benewens die tuisskool, het Lydenburg, Curro en Rob Ferreira weer elk ‘n groot groep atlete ingeskryf. Dit was ook ‘n aangename verrassing om ‘n stuk of twintig van Hoërskool Middelburg se beste atlete, alhier in aksie te kon sien. Onder 13 items het dit ook vir plaaslike laerskoolatlete moontlik gemaak om hulle slag te kom wys.

Wanneer NHS se bekende worpe-krag, Lydenburg se puik hekkies en Rob Ferreira se gedugte naellope mekaar die stryd aansê, spat die vonke en kan toeskouers uithaler-atletiek verwag.

Nasionale ASA- en SA Skole-kampioen in skyfwerp en gewigstoot (meisies 17), Nellies se Ashley Erasmus, het sommer met die intrapslag spiere gewys. Haar wenafstand van 47,30m (skyfwerp) is ‘n voltal van 1000 ASA-punte werd. Dit was by verre die beste prestasie van die byeenkoms. Onder die meisies-baanitems, was Lydenburg se Sumari Lourens op haar stukke, toe sy die 80m hekkies in 12.97 afgeblits het (898 punte). Wat die seuns betref, is die beste vertoning op die baan, deur Curro se Rikhotso Mbuyelo (s.19) gelewer, toe hy die 100m met ‘n vinnige 10.65 (816 punte) ingepalm het. Rob Ferreira se Nsimbini Bheka het met ‘n ewe indrukwekkende 10.66 (814) in sy nek geblaas.

Op die veld, kon net Divan de Kock (NHS) die 800-merk oorskry, toe hy die gewigstoot s.15 met ‘n mooi afstand van 14,41m (812) gewen het.

Nog atlete wat met 800 of meer ASA-punte kon spog  (NHS, mits anders aangedui):
Lana Theron (Laerskool Nelspruit, m.13): 100m – 13.25 (815)
Jada Hamman (Lydenburg, m.15): 80m hekkies – 13.88 (820)
Zané Nel (m.15): gewigstoot – 11,95m (842); ook skyfwerp – 33,14m (821)
Chianey Louw (LN, m.13): gewigstoot – 9,66m (808)
Anja Venter (m.17): skyfwerp – 33,76m (801)
Gene-Lee Coetzer (RF, m.17): gewigstoot – 12,46m (836)
Christine Venter (m.17): gewigstoot – 11,99m (818)
Johané Erasmus (Curro, m.15): gewigstoot – 12,71m (872)

As verder na nog van die blink uitslae gekyk word, blyk dit dat die komende atletiekseisoen gewis iets is om na uit te sien!

Wezile Madonsela (LH, S.15): 100m – 11.26; ook 300m – 39.96
Siyabonga Masina (RF, s.17): 100m – 11.08; ook 300m – 36.95
Gabriel Kunene (RF, s.19): 100m – 10.76
Nthokozisi Ndlovu (Ly, s.15): 90m hekkies – 12.56; ook 300m – 38.08
Kathlego Baloyi (Middelburg, s.15): 90m hekkies – 12.51; ook 300m – 39.47
Ntiyiso Nkanyani (Ly, s.17): 100m hekkies – 13.51; ook 300m – 36.51
Rasheed Gardee (LH, s.19): 300m – 36.77
Anele Mkhonto (s.15): 800m – 2:10.72
Kghotso Machete (RF, s.17): 800m – 1:59.25
Kian Mouton (s.17): 800m – 2:01.87; ook 2000m – 6:24.95
Mkanyiso Mokoena (Ly, ope): 2000m – 6:18.62
Andile Vilakazi (Barb, ope): 2000m – 6:19.02
Thapelo Moloyi (Ly, s.15): 90m hekkies – 12.77
Menzi Shiba (s.15): 90m hekkies – 12.91; ook hoogspring – 1,70m)
Hanco Barnard (Ly, s.17): 100m hekkies – 14.21
Kaya Sengwayo (Curro, s.19): 100m hekkies – 14.20
Katlego Mofokeng (RF, s.15): hoogspring – 1,70m
Aiden van Wyk (s.15): hoogspring – 1,70m
Marko Matthee (s.17): verspring – 6,53m
Divan Rossouw (Malalane, s.13): gewigstoot – 11,48m
Divan de Kock (s.15): skyfwerp – 40,24m
Pieter Maritz (Ly, s.15): gewigstoot – 13,87m
Ben Fouché (Ly, s.15): gewigstoot – 13,76m
Luhan van Wyk (s.17): skyfwerp – 39,17m
Damian Hough (RF, s.17): skyfwerp – 35,02m
Ewald Jansen (M, s.17): spiesgooi – 57,63m
David Botha (s.17): spiesgooi – 55,27m
Lana Theron (LN, m.13): 300m – 44.54
Liemoni Joubert (m.15): 100m – 13.31; ook driesprong (m.17) – 10,54m
Mariam Mosheed (Curro, m.17): 100m – 12.97
Dominique van Aswegen (M, m.17): 100m – 13.04; ook 300m – 44.80
Mieke Pauer (LN, m.13): 800m – 2:45.03
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:31.24; ook 2000m – 7:15.12
Elsine Smith (Ly, m.15): 800m – 2:36.96
Kristen Berry (m.17): 800m – 2:27.69
Simone Lourens (m.15): 80m hekkies – 14.50
Elsemari van Zyl (RF, m.15): 80m hekkies – 14.85
Jeanne Claassen (Ly, m.15): 80m hekkies – 14.93
Erin Merensky (RF, m.17): 90m hekkies – 14.40; ook verspring – 4,98m; en driesprong – 10,11m
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,55m
Setha Mathebula (RF, m.15): hoogspring – 1,50m
Simone Fourie (LN, m.13): verspring – 4,33m
Christine Venter (m.17): skyfwerp – 33,31m
Diané vd Walt (Laeveld, m.13): gewigstoot – 9,36m
Kolene Coetzee (Ly, m.15): gewigstoot – 10,66m
Ceila van Niekerk (Ly, m.15): gewigstoot – 10,56m
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 11,29m
Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 29,48m