29 Jul Verjaarsdag wense in samewerking met Radio Laeveld
Hoërskool Nelspruit vier Vrydag, 29 Julie 2022 sy 70ste bestaansjaar! Radio Laeveld het die volgende verjaarsdagwense ontvang van oud-Nellies en vriende van die skool:
Mnr. Daan de Kock (Voorsitter van die Beheerliggaam)
Mnr. Johan Hattingh (Skoolhoof)
Me. Theresa de Wet (Ontvangs)
OUD-NELLIES: MNR. HENDRIK VAN DYK (HOOFSEUN 1978)
NHS 1952 TOT 2022 – ‘N BETER PLEK AS 1952! (……DIE WêRELD OOK)
Om net na die hoofopskrifte van die nuus te kyk, kan die indruk maklik gewek word dat daar
niks goed in die wêreld is nie – dit is protes, stakings, moord en roof, twyfelagtige politici en
burger oorloë. Maar gemeet aan enige denkbare maatstaf, is die wêreld van 2022 ‘n beter
plek as die wêreld van 1952 synde die stigtings jaar van NHS en ook beter as 1978 toe ek ‘n
Matriek leerling van NHS was. Die mensdom is slimmer, ons almal het ‘n beter
lewensstandaard, tegnologies is ons meer gevorderd, ons werk meer en slimmer, presteer
beter op die sportveld, ons gesondheidsorg is beter en so kan ons aangaan.
Feit is NHS is op sy sewentigste verjaarsdag ook ‘n beter skool met beter geriewe en les bes
beter, slimmer en toegewyde leerders as in 1952.
Die NHS van 1978 is moeilik te vergelyk met dit wat julle nou ken en beleef. Die standaard
van geboue, sportveld, badkamers en ander fasiliteite was ondenkbaar in ons tyd. Julle sal
moeilik glo dat geen van die deure van die Skool en Koshuis kon sluit of is ooit gesluit nie –
so ook die eetsaal en kombuis van die koshuis! Matrone het van tyd tot tyd die groot yskas
moes sluit as die vrugte, melk en kaas te vinnig ‘gebruik ‘ was.
Ons het nie die gerief van wegneem kitskos gehad wat afgelewer word by die Skool en
Koshuis nie en moes maar self uitsluip na die kafee by die stasie om slaptjips en koeldrank
vir jou gang te koop. Die enigste risiko was dat die onderwyser op diens toevallig by die oop
deur sou verbyloop. Die korrektiewe optrede wat dan gevolg het is daar en dan uitgemeet
en die saak was afgehandel.
Om af te koel (asook vir ontspanning voor en na die rugbyseisoen) moes ons deur die veld
draf, waar die huidige Valencia woongebied nou is, om dan in die Krokodilrivier te gaan
swem en botterklappers in seisoen te eet.
So beste Nellie, as iemand na aan jou weer reken dat ons nou in moeilike tye lewe, dat ons
sulke besige programme het, dat dit nog nooit so swaar en kompeterend gegaan het nie,
ons moreel verarm het, moenie dit glo nie! Dit is eenvoudig nie waar nie…..net soos NHS is
die wêreld nou ‘n beter plek en sal julle dit ook nog beter kan maak vir die volgende
geslagte!
Geniet elke oomblik van jou loopbaan as ‘n Nellie. Bou aan herinneringe van jou
skoolloopbaan en vriende . Nelspruit Hoërskool sal bou aan jou siel. Wanneer jy eendag met
uitdagings gekonfronteer word, of alleen is op ‘n nat koue nag, gaan jy diep binne in jou
soek na krag en die sin van die lewe. Dit gaan jy net kry in jou eie siel. Dit waaraan jy soos
talle Nellies voor jou die afgelope 70 jaar aan gebou het in Nelspruit Hoërskool!
Simone Roets (Sangeres)
Francois Jacobs (Akteur)
Natasja C (Sangeres)
Dian Bothma en Meagan Ville (Boer soek ‘n vrou paartjie)
Mia Guy (Aktrise)
Daniel Maartens (Puma Rugby)
Mnr. Johan Breytenbach (Rooikat Wholesalers)
VRIENDE VAN DIE SKOOL
Mnr. Pottie Potgieter (BUCO)
Me. Vanessa Roets