Hoërskool Nelspruit is ‘n dinamiese skool, ryk aan tradisie, wat op akademiese-, sport- en kultuurterreine uitstekend presteer en is een van die toonaangewendste skole in Suid-Afrika.

By NHS is daar ’n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur. Leerders word aangemoedig om aan sport sowel kulturele aktiwiteit deel te neem. ‘n Betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder. Buitemuurse aktiwiteite is vormend en leerders wat daaraan deelneem, beleef hul skoollewe as verrykend. Buitemuurse aktiwiteite ontwikkel ons leerders fisiek en geestelik.

AANSOEKE:

Hoërskool Nelspruit se aansoekproses is vereenvoudig deur ‘n aanlyn inskrywingsisteem. Ons streef daarna om ‘n effektiewe aansoekproses aan voornemende leerders en hul families te bied.

U kan dus die volgende dokumentasie gereed hê vir die aansoekproses wat op 10 April 2025 open.

(Dit kan met u foon afgeneem word, of as ‘n PDF geskandeer word en aan die aansoek geheg word. Dit is belangrik dat hierdie dokumente baie duidelik vertoon):

  • Bewys van adres (water- of elektrisiteitsrekening)
  • ID’s van beide ouer(s) of voog(de)
  • Onlangse ID-/skoolfoto van die leerder
    (Kop en skouer)
  • ID/Geboortesertifikaat van leerder
  • Mediesefondskaart (Indien van toepassing)
  • Rapport – gr. 6 November rapport
  • Rapport – gr. 7 Junie rapport (kan later ingedien word voor 29 Augustus 2025)
  • Akkommodasie vir eksamen (indien van toepassing)
  • Skoolfondsrekening van vorige skool​
  • Polisie verklaring indien een ouer se inligting nie beskikbaar is nie
  • Doodsertifikaat van ouer (indien van toepassing)
  • Ander relevante dokumentasie (bv hofdokumente/pleegsorg)

Die sluitingsdatum vir Graad 8 aansoeke vir 2026 is 29 Augustus 2025.

Indien u enige bystand benodig of navrae het oor die inskrywingsprosedure, kan u gerus u navraag rig aan:

Mev. Nicolette Stoltz – nstoltz@nelliesh.co.za
Mnr. Ferdi van Wijk – fvanwijk@nelliesh.co.za 

GESELS VANDAG MET NELLIES