
03 Sep Voorseisoen van wintersport skop af
Hoërskool Nelspruit het die vergunning om weer aan ‘n verskeidenheid sportaktiwiteite deel te kan neem, aangegryp.
Met die winterseisoen wat vinnig tot ‘n einde gekom het weens die vlak 3-inperking, was die hoop daarop gevestig dat die wintersport se ligawedstryde later hervat kon word. Ongelukkig het dit nie gerealiseer nie, maar daar is nou ‘n geleentheid om ter voorbereiding vir 2022 saam te oefen.
NHS se Mambas en Rhinos het Saterdag 28 Augustus ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Hoërskool Secunda gespeel. Hierdie wedstryd is op die Nellie-TV-kanaal op DigiTV gestroom. Die Mambas wen Secunda 14-0 en die Rhinos skop stof in hul opponente se oë met ‘n eindtelling van 31-13.
Mnr. Hennie Skorbinski (NHS Rugbydirekteur) sê dat hierdie vrienskaplike wedstryde die spelers ‘n geleentheid bied om weer saam te kan speel en om weer stelselmatig fiks te word en die nodige vaardighede onder die knie te kry vir die aankomende seisoen.
NHS se seunshokkiespelers het Vrydag die kans geniet om teen Secunda te speel. Die o/17 seuns het vir Secunda verwelkom in die Laeveld terwyl die ander spanne in Secunda gaan speel het.
Uitslae:
o/17: NHS wen 4-2
o/15: NHS wen 4-1
o/14: NHS verloor 1-3
NHS sien baie uit na ‘n paar vriendskaplike wedstryde wat voorlê en ook na die krieket wat eersdaags aan ligawedstryde begin deelneem. Foto’s: Mnr. Riaan Swanepoel