WiFi op die skoolterrein vergemaklik e-leer

WiFi op die skoolterrein vergemaklik e-leer

Te danke aan DNATel en MyOwn ISP se gedeeltelike borgskap en die bydrae van die Palmdraers (Klub 1000) kan leerders op die skoolterrein toegang tot hul skoolwerk en Google Classroom kry. Leerders se elektroniese toestelle is aan die netwerk gekoppel. Die koshuisleerders maak ook gebruik van die WiFi om op Google Classroom en verskeie ander platforms te werk gedurende studietyd. Hier is Chrisna Loubser (Koshuis Dux) hard aan die werk.