Wimpie skenk spesiale rugbytrui

Wimpie skenk spesiale rugbytrui

Wimpie van der Walt was van 2002-2005 ‘n skolier van NHS. In 2006 sluit hy by die WP Rugby Akademie aan en begin sy rooskleurige rugbyloopbaan. Hy speel eersteklas rugby vir die Westelike Provinsie, San Gregorio (Italiaanse Klub), Southern Kings en vir die Blou Bulle voordat hy die geleentheid by NTT DoCoMo Red Hurricanes in Japan kry. Nadat hy burgerskap van Japan ontvang het, is hy gekies om vir die nasionale span van Japan te speel.

Op Vrydag 6 Augustus het hy sy alma mater besoek en sy nasionale rugbytrui aan mnr. Hennie Skorbinski (Direkteur van NHS Rugby) en mnr. Chris Mans (Rhinos Rugby-organiseerder) oorhandig.

Mnr. Mans het Wimpie afgerig toe hy nog vir die Rhinos uitgedraf het. Die twee het lekker gesels oor skoolligawedstryde, afrigting en planne vir die toekoms.

NHS is trots op dié oud-Onderberger en sien uit na nog vele rugbyhoogtepunte!