23 Nov Wiskunde-boffins is tops in Mpumalanga
Twee leerders van Hoërskool Nelspruit is onlangs as toppresteerders in die provinsie aangewys nadat hulle vroeër die jaar aan die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade deelgeneem het.
Phillipa Marais is derde in Mpumalanga in die junior afdeling en Allan Burnett is die wenner van die senior afdeling in Mpumalanga en is ook as die provinsiale toppresteerder in “Quintile 5” aangewys.
‘n Totaal van 12059 junior leerders en 11417 senior leerders het deelgeneem met 748 leerders uit 75 skole in Mpumalanga. Liberty, die borg van die olimpiade ken kontantpryse toe aan die top drie in elke afdeling.
Baie geluk aan Phillipa en Allan!
Enter text here