Mnr. en Mej. NHS is colour-licious

Mnr. en Mej. NHS is colour-licious

Net as jy dink dat die Mnr. en Mej. NHS glansaand nie nog beter kan wees nie, dan kom die supersokkie-sensasie, beter bekend as Snotkop, en 5 glanspaartjies en oortref alle verwagtinge.

Daar is gesing, gesokkie en o la la… die koppe het behoorlik gedraai vir die pragtige deelnemers.
Die jaarlikse glansgeleentheid het Donderdag, 22 Augustus plaasgevind met 10 deelnemers wat meegeding het vir die gesogte titel van Mnr. en Mej. NHS 2019. Na die verwelkoming het die vorige Mnr. en Mej. NHS, Jaytee Boers en Jessica Berry die geleentheid gekry om meer van hulle uitreikaksie na Sinani Noma Kanjani te vertel. Daarna het die finaliste die geleentheid gekry om hulself deur ‘n kort video aan die gehoor voor te stel en vir die eerste keer op die loopplank te verskyn. Daar is ook soos die vorige jare vir die deelnemers die opdrag gegee om ‘n reklame advertensie uit te beeld vir die hoofborge. Elke toneel is oorspronklik en professioneel aangebied.

Snotkop het die gehoor op hulle voete gehad met sy treffers soos “Boerepompie”, “Alles gaan okay wees” en “Meisie Ferguson”. Daar was ook ‘n baie spesiale oomblik wat die saal met heimwee gevul het toe hy “Song vir my Dad” gesing het.
Die hoogtepunt van die aand was om die paartjies in hulle formele aanddrag geborg deur Claris by Gerrit Pienaar en Bride&Co, te sien. Hare en grimering is spesiaal vir die geleentheid deur Hair Quarters @ I’langa en MUD Studio gedoen.
Die beoordelaars, Pia van der Spuy, Marike Nel, Jacques Lombard, Divan Prinsloo, Charlien Lourens en Yolandi de Clerck het nie ‘n maklike taak gehad nie.
Die uiteindelike wenners wat gekroon is as 2019 se Mnr. en Mej. NHS is Lané Taljaard en Franco van Rooyen.

Ander wenners:
Eerste prins en prinses – Jayden Joubert en Naomi van der Nest
Tweede prins en prinses – Gerard Venter en Gabi van der Merwe
Mnr. en Mej. Persoonlikheid – Attie Smit en Strelza van Aardt
Mnr. en Mej. Fotogenies – Ruben Grindlingh en Kaylee Janse van Rensburg

Die skool bedank graag al die borge, fotograaf Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography), personeel en ouers wat hierdie produksie moontlik gemaak het. Die glansaand was beslis Colour-licious!