Aansoek om by Hoërskool Nelspruit in te skryf

By Hoërskool Nelspruit bou ons nie net kennis nie – ons vorm leiers van môre.  Daarom fokus ons daarop om nie net akademiese sukses te behaal nie, maar ook om ons leerders te vorm tot betrokke, veerkragtige jongmense, met ’n trotse erfenis van akademiese uitnemendheid, sportprestasies en kultuursukses.  Ons bied ’n omgewing waar elke leerder kan floreer om hul passie te ontdek en ’n sinvolle skoolervaring te hê.  Hier word talent gekoester, drome aangevuur en gemeenskapsgees bevorder. Sluit aan by ’n skool wat nie net leer nie, maar inspireer.  Hier begin jou pad na ’n blink toekoms.

Ons inskrywingsproses is vereenvoudig deur middel van ons aanlyn aansoekstelsel. Ons poog om die aansoekproses so maklik en effektief moontlik vir ouers en voornemende leerders te maak.

Dokumentasie wat saam met die aanlyn aansoek ingedien moet word:

Onderstaande dokumente wat u vooraf gereed moet hê. Alle dokumente moet duidelik geskandeer word in PDF-formaat:

  1. Bewys van woonadres (bv. water- of elektrisiteitsrekening)
  2. Identiteitsdokumente van ouers/voogde (beide ouers, waar van toepassing)
  3. Onlangse ID-/skoolfoto van die leerder (NB! Slegs – kop en skouers sigbaar)
  4. ID of geboortesertifikaat van die leerder

Let wel: Volledige name soos dit op die geboortesertifikaat verskyn moet ingevul word. Indien nie, kan dit lei tot probleme met die uitreiking van die Graad 12-sertifikaat.

  1. Mediesefondskaart (indien van toepassing)
  2. Skoolrapporte:
    • Graad 8-aansoekers: Graad 6 November- en Graad 7 Junie-rapport
      (Die Graad 7 Junie-rapport mag later ingedien word, maar moet voor 29 Augustus ingedien wees.)
    • Graad 9–11-aansoekers: Vorige jaar se finale rapport én die mees onlangse kwartaalrapport van die huidige jaar.
  3. Akkommodasie – Dokumentasie vir eksamenooreenkomste (indien van toepassing)
  4. Polisieverklaring indien een ouer se besonderhede nie beskikbaar is nie.
  5. Doodsertifikaat van ouer (indien van toepassing)
  6. Ander relevante dokumentasie, soos:
    • Hofstukke
    • Pleegsorgbriewe
    • Toesig- of voogdydokumente

Sluitingsdatum slegs van toepassing vir gr 8’s in komende jaar.

Die sluitingsdatum vir aansoeke word jaarliks bevestig en op die webwerf en skool se sosiale platforms aangekondig. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word, sal slegs oorweeg word indien daar nog plek beskikbaar is.

Indien u enige bystand benodig of navrae het oor die inskrywingsprosedure, kan u gerus u navraag rig aan:

Mev. Nicolette Stoltz – nstoltz@nelliesh.co.za
Mnr. Ferdi van Wijk – fvanwijk@nelliesh.co.za 

GESELS VANDAG MET NELLIES