Atletiek Suid-Afrika-groep aangekondig vir 2019 Afrika-Spele

Atletiek Suid-Afrika-groep aangekondig vir 2019 Afrika-Spele

‘n Span van 153 atlete en afrigters sal Suid-Afrika verteenwoordig by die jaar se Afrika-Spele wat vanaf 16-31 Augustus in Morokko aangebied word. Die span sal deelneem aan 11 uit die 26 sportkodes waarvan die meeste atletiek is met 38 atlete gevolg deur 24 swemmers. Ander kodes wat deel uitmaak van die span is boogskiet, pluimbal, kanovaart, fietsry, judo, tafeltennis, tennis, strand-vlugbal en gewigoptel. Die Afrika-Spele vind elke vier jaar plaas, net ‘n jaar voor die Olimpiese Spele.
NHS is baie trots op mnr. DP Badenhorst (Hoërskool Nelspruit-sportspesialis: atletiek) wat dan ook een van die afrigters is wat gekies is om die SA vlag hoog te laat wapper in Morokko. Mnr. Badenhorst is geen vreemdeling in die atletiek-wêreld nie en was ook al ‘n lid van die spanbestuur van die Atletiek Suid-Afrika-groep wat by die Olympic Stadium in London, Engeland aan die Wêreldbeker gaan deelneem het. Plaaslik, het hy ook hierdie jaar baie hoogtepunte saam met sy atlete beleef.