Hoërskool Nelspruit swem weg met Interhoër-titel!

Hoërskool Nelspruit swem weg met Interhoër-titel!

Op Woensdag, 19 Februarie 2025, het Hoërskool Nelspruit die Laeveld Interhoër-swemgala by Van Riebeeckpark aangebied. Die beste swemmers van Ehlanzeni het meegeding en die laeveld se talent ten toon gestel.

Hoërskool Nelspruit is aangewys as die algehele wenner van die dag met ‘n totaal van 1160 punte met Rob Ferreira High (640 punte) en Uplands College (450 punte), wat onderskeidelik in tweede en derde geëindig het.

Neil Burger het weer uitstekend gedoen en is as Senior Seuns Victor Ludorum aangewys. Hy het vyf goue medaljes gewen en drie nuwe Interhoër-rekords opgestel in die 50m vlinderslag, 50m vryslag en 100m vryslag. Hy het ook die toekenning vir die beste prestasie vir senior seuns ontvang vir sy rekord in die 50m vlinderslag.

Uitstaande individuele prestasies

  • Samuel Tryhou en Eben Obermeyer (o/17 Victor Ludorum): 2 goue medaljes elk.
  • Dawid de Villiers (o/15 Victor Ludorum): 2 goud, 3 silwer, en ‘n nuwe rekord in die 100m vryslag.
  • Marina Cussons (o/14 Victrix Ludorum): 1 goud, 1 silwer, 1 brons.
  • Minette Swartz (o/15 Victrix Ludorum): 5 goue medaljes.
  • Anja Buitendach (o/16 Victrix Ludorum): 3 goud, 2 silwer, en ‘n nuwe rekord in die 100m vryslag.
  • Henning Radley het saam met Neil Burger ‘n nuwe rekord in die 50m vryslag geswem en 2 goue en 1 silwer medalje verower.

NHS se swemmers het in totaal 54 eerste plekke behaal, waarvan 42 individueel en 12 in aflosse was. Die o/19-seunsspan (Neil, Dylan, Ethan en Henning) het die vryslagaflosrekord met vyf sekondes verbeter na 1:44.95, wat neerkom op ‘n gemiddeld van 26 sekondes per 50m.

Die skool se spanlede het ook 31 tweede plekke en 17 derde plekke behaal, wat hul algehele oorheersing in die kompetisie bevestig het.