14 Apr NHS spog met top swemmers by SA Skole Swemkampioenskappe
Elf van Hoërskool Nelspruit se swemmers is gekies om Mpumalanga te verteenwoordig tydens die SA Skole Swemkampioenskappe wat van 5-9 April in Bloemfontein plaasgevind het. Die Mpumalanga-span is aangewys as die span met die meeste gees, omdat hulle mekaar so entoesiasties ondersteun het.
– Dylan Stoltz was die seuns kaptein van die span en het hom goed van sy taak gekwyt
– Tien van ons swemmers het die uitdunrondtes suksesvol voltooi en deurgedring na die finaal, waar hulle onder die top 10 in SA geëindig het in hul onderskeie items.
Uitslae:
Anja Buitendach het die uitsonderlike prestasie behaal deur 2 goue, 1 silwer en 1 brons medalje te verower. Sy lê ook 11de op die SA ranglys.
GOUD: 200m en 400m vryslag
SILWER: 100m vryslag
BRONS: 200m Individuele wisselslag
Dylan Stoltz
5de: 200m en 400m vryslag
7de: 100m borsslag en die Individuele wisselslag
10de: 100m borsslag
Donné Bruyns
4de: Individuele wisselslag
5de: 400m vryslag
6de: 200m vryslag
Ciska Ferreira
6de: 400m vryslag
Lara Janse van Rensburg
7de: 200m rugslag
9de: 400m vryslag
Karmen van Rensburg
7de: 50m vlinderslag
8ste: 50m vryslag
Minette Swartz
8ste: 100m borsslag
10de: 299m borsslag
Amoré Oosthuizen
9de: 50m vryslag
10de: 100m vryslag
Emma Terblanché
10de: 50m rugslag
Dawid De Villiers
8ste: 100m vryslag
9de: 50m vryslag
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders wat so goed presteer het. Julle maak NHS trots!
- Amoré Oosthuizen, Lara Jv Rensburg, Minette Swartz, Karmen van Rensburg, Anja Buitendach, (agter)Dylan Stoltz, Ciska Ferreira, Donne Bruyns, Emma Terblanché, Menincje Genis, Dawid De Villiers.


