Top Skole Gala 2025

Top Skole Gala 2025

Die Top Skole Gala is op 24 Oktober 2025 by die Van Riebeeckpark Munisipale Swembad in Nelspruit aangebied. Nege skole het deelgeneem: Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Middelburg, Penryn College, Curro Nelspruit, Uplands College, HTS Middelburg, Hoërskool Secunda, Komatipoort Akademie en Hoërskool Rob Ferreira.

Ons Nellie-dogters en -seuns het skitterend presteer en albei afdelings gewen! NHS het met 1 724 punte die eerste plek ingeneem, gevolg deur Uplands (836 punte) en CURRO (564 punte).

NHS verwerf 49 medaljes:
19 Goud
16 Silwer
14 Brons

NHS het ook 4 van die 6 aflosse gewen met twee spanne in elke aflos.

Uitblinkers:
o/14 Dogters: Zoë Janse van Vuuren (4 goud), Emma Terblanché (3 silwer, 1 brons)
o/15 Dogters: Minette Swartz (3 goud, 1 silwer), Amoré Oosthuizen (1 silwer, 2 brons)
o/16 Dogters: Anja Buitendach (2 goud, 2 silwer, 1 brons)
o/17 Dogters: Karmen van Rensburg (2 goud, 1 silwer)
o/16 Seuns: Aidan Esterhuizen (2 goud, 2 silwer)
o/17 Seuns: Henning Radley (4 goud, 1 brons)
Beste individuele prestasie: 50 m vryslag in 25.36 (712 Hy-Tek punte)

Baie geluk aan elke Nellie wat aan die gala deelgeneem het en NHS met trots verteenwoordig het! Julle toewyding, spanpoging en gees het die verskil gemaak.