Tweedes het ‘n fees

Tweedes het ‘n fees

Ons tweede hokkiespanne het van 28-31 Maart deelgeneem aan die Hokkie Tweedes Fees by Hoërskool Eldoraigne. Die onweer het ‘n paar van die wedstryde gekelder, maar die spelers het die toer baie geniet en goeie verhoudings gebou – in hul onderskeie spanne sowel as tussen die twee spanne. Hulle het beslis baie geleer en saam gegroei. Hou die Falcons en Jaguars  hierdie seisoen dop!

Seuns (Falcons) het hul beste gegee en 18de geëindig uit 20 skole.
Meisies (Jaguars) het sterk vertonings gelewer en gesamentlik 9de geëindig saam met Helpmekaar Kollege.

Uitslae:
Dogters (Jaguars)
Verloor teen Menlopark 0-2
Gelykop teen Pietersburg 2-2
 Wen teen Parktown 1-0
Gelykop weens weerlig teen Sutherland
Wen teen Kempton Park 3-0
Gelykop weens weerlig teen Helpmekaar

Seuns (Falcons)
Verloor teen Linden 0-2
Verloor teen St. Albans 0-4
Verloor teen Menlopark 0-2
Gelykop weens weerlig teen Affies
Wen teen Kempton Park 3-0
Verloor teen Helpmekaar 0-2