08 Apr Black Sticks wen Plaatbeker in die Kaap
Hoërskool Nelspruit se eerste hokkiespanne, die Black Sticks (dogters) en Eagles (seuns), het van 2 tot 5 April aan die Belgotex-hokkietoernooi in Kaapstad deelgeneem. Met 96 spanne van regoor Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe bied hierdie toernooi ’n unieke geleentheid vir ons Laeveld-spelers om teen spanne buite ons streek mee te ding.
Elke span het sewe wedstryde gespeel in ’n toernooi wat naelbyt aksie vir die spelers gebied het. In ware NHS-gees het ons spelers hul beste gegee en deursettingsvermoë gewys.
Die Black Sticks was in hul skik om as Plaatwenners te seëvier en ook om 9de uit 48 spanne te eindig, terwyl die Eagles ’n puik 14de plek behaal het. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons borge, wat hierdie toernooi vir die spanne moontlik gemaak het. Hierdie speelkans was ’n ongelooflike geleentheid vir ons spelers om hul vaardighede te verbeter en hul liefde vir die sport ten volle te beleef.
Uitslae:
Black Sticks
Gelykop teen Hudson Park 0-0
Wen teen Fairmont Inv. 3-0
Verloor teen Rustenburg Girls 0-1
Gelykop teen Wynberg Girls 0-0
Verloor teen Outeniqua 1-3
Wen teen Peterhouse 1-0
Wen teen Hoërskool Monument 2-1
Eindig 9de uit 48 spanne.
Eagles
Wen teen Upington 4-0
Wen teen Oudtshoorn 6-0
Verloor teen Paul Roos Inv. 0-2
Verloor teen Monument 0-2
Gelykop teen Outeniqua 1-1
Wen teen Woodridge 2-0
Verloor teen DF Malan 1-2
Eindig 14de uit 48 spanne.
- default









