Driestryd op Pilditch sorg vir naelbyt-atletiek!

Driestryd op Pilditch sorg vir naelbyt-atletiek!

NWU se jaarlikse Super Interhoër het Woensdag 26 Februarie vir groot drama gesorg! NHS se uitdagers in Groep 2 was Potch Gim, Rustenburg, Dr. Malan, Oos-Moot, Randburg, Transvalia en Monument (Krugersdorp). Na sowat ‘n dosyn items afgehandel is, was dit reeds duidelik dat die grootste stryd tussen Nellies, Potch Gim en Rustenburg beslis sou word. Toe die eerste punstestand bekend gemaak is, was NHS nog ‘n paar punte voor, en selfs teen eenuur se kant was die Nelspruiters steeds voor, al was dit met ‘n skrale punt voor Potch Gim, en veertien punte voor Rustenburg. Na  middagete het die Noordwesters egter met ‘n verbete terugveg poging gekom, en veral hulle meisies het binne ‘n paar items, by NHS verby geskuif. 

Die finale slag is egter in die aflosse gelewer. Potch Gim se meisies (418) was net te sterk vir die Nellies (361), maar hulle seuns (291) kon nie hond haaraf maak teen die begeesterde Laevelders (372) nie. Rustenburg se seuns het hul afdeling gewen (382), maar kon weer nie met hul meisies (vierde met 312) by Potch en Nelspruit se meisies kers vashou nie. As die twee afdelings (seuns en meisies) bymekaar gevoeg word, is dit dan Hoërskool Nelspruit wat vanjaar Groep 2 se wenspan is! 

NHS (733) word gevolg deur Potch Gim (709), Rustenburg (694), Transvalia (659), Monument (607), Oos-Moot (586), Dr.Malan (579) en Randburg (534). Dit beteken dat Randburg afskuif na Groep 3, en dat NHS volgende jaar in die gesogte Groep 1 in aksie sal wees. Saam met die Laeveld-kroon, is hierdie ‘n wonderlike geskenk vir ons hoof, mnr. Johan Hattingh, wat aan die einde van die kwartaal die tuig neerlê. Welgedaan aan elke atleet en sy/haar afrigter(-s)! 

Onder die seuns, was Menzi Shiba weer NHS se beste seun, met die hoogtste punt (898 vir sy 53.08 in die 400m hekkies, s.17). Wat die meisies betref, het Zané Nel (m.17)  met nog ‘n uitstekende 40m+ gooi in skyfwerp (40,04m) ‘n stewige 895 verdien.  

Ander individuele uitblinkers was volop. Tog moet die naam van Owen Ngwenya (s.17) spesiale aandag kry. In beide hoogspring (1,90m) en driesprong (14,32m) het hy persoonlike beste vertonings gelewer. Hoogspring het gewis ook in die algemeen die oë laat rek, toe ‘n hele paar ander Nellies ook geskitter het. Charl van Dort (s.15 – 1,80m); Elizma de Villiers (m.19 – 1,65m); Minke Badenhorst (m.15 – 1,50m); en Jess Badenhorst (m.14 – 1,50m) het beslis ook rede om breed te glimlag – saam met hulle afrigters! 

Lig die hoed hoog vir die volgende Nellies wat met blink medaljes, kon terugkeer Laeveld toe:

GOUD – seuns
Menzi Shiba (s17): 110m hekkies – 14.22 (884); en 400m hekkies – 53.08 (898)
Grant Venter (s.15): 100m hekkies – 14.00 (825); en 300m hekkies – 41.68
Ivhan Pretorius (s.14): 800m – 2:10.35; en 1500m – 4:30.77 (768)
Owen Ngwenya (s.17): hoogspring – 1,90m (780); en driesprong – 14,32m (841)
Erenst Zeelie (s.15): spiesgooi – 49,18m
Tinyiko Silubane (s.19): 110m hekkies – 15.26 (800)
Charl van Dort (s.15): hoogspring – 1,80m (760)

GOUD – meisies
Zoë Cilliers (m.17): 100m – 12.33 (872); en 200m – 25.60 (863)
Zanë Nel (m.17): skyfwerp – 40,04m (895)
Marike Wasserman (m.15): 300m hekkies – 46.17 (856)
Quinet Swart (m.16): verspring – 4,97m

SILWER – seuns
Anele Mkhonto (s.19): 800m – 1:54.85; en 1500m – 4:09.86 (812)
Wihan Lambrechts (s.19): 400m hekkies – 58.95
Divan de Kock (s.19): skyfwerp – 42,61m (809)
Menzi Shiba (s.17): verspring – 6,06m
Grant Venter (s.15): 100m – 11.50 (753)
Jordan Pretorius (s.19): verspring – 6,75m
Dirk-Arnold Joubert (s.17): skyfwerp – 48,50m (838)
Mattias le Roux (s.14): 400m – 57.33
Jaco Bouwer (s.19): spiesgooi – 49,18m
Aldo van Jaarsveld (s.16): verspring – 6,18m
Aflos s.17 – 42.97 (847)

SILWER – meisies
Zoë J. van Vuuren (m.14): 800m – 2:26.72 (805): en 1500m – 5:07.64 (766)
Isabel Prinsloo (m.16): 100m hekkies – 16.13; en 400m hekkies – 68.53 (754)
Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 12,55m (865)
Elizma de Villiers (m.19): hoogspring – 1,65m (750)
Kaycee Fincham (m.17): 800m – 2:21.22 (832)
Leney Maree (m.15): 1500m – 4:59.27 (782); en 3000m m.17 – 10:32.80
Zoë Cilliers (m.17): 400m – 61.87 (786)
Zané Nel (m.17): gewigstoot – 13,09m (861)
Minke Badenhorst (m.15): hoogspring – 1,50m
Jess Badenhorst (m.14): hoogspring – 1,50m
Aflos m.15 – 50.39 (778)
Aflos m.17 – 50.93 

BRONS – seuns
Rian Botha (s.17): spiesgooi – 54,03m
Mattias Odendaal (s.15): 800m – 2:17.62
Ethan Green (s.17): 800m – 1:57.89 (771)
WC van Schalkwyk (s.14): gewigstoot – 12,45m
Pieter Henning (s.15): verspring – 5,64m
Julian Middel (s.15): 1500m – 4:38.89
Naudé Breytenbach (s.15): 400m – 55.25
Henru Herbst (s.17): 1500m – 4:23.78 (757)
Dirk-Arnold Joubert (s.17): gewigstoot – 14,53m (794)
Aflos s.19 – 43.81 (789)

BRONS – meisies
Chenade Botma (m.15): 100m – 12.53 (869); en 200m – 26.42 (836)
Michelle Groenewald (m.19): 100m – 13.07 (750); en 100m hekkies – 15.77 (792)
Azelle du Preez (m.19): 400m hekkies – 66.10 (842)
Alexa van Rooyen (m.16): 400m hekkies – 68.62 (823)
Elizabeth du Toit (m.14): verspring – 5,08m (753)
Diané vd Walt (m.16): gewigstoot – 11,58m (813)
Mia du Preez (m.15): skyfwerp – 33,11m (821)
Natasha Groenewald (m.16): 200m – 27.54 (761)
Shebba Sithole (m.19): 1500m – 5:03.82
Lourica vd Merwe (m.19): spiesgooi – 30,64m
Liemoni Joubert (m.19): driesprong – 10,47m
Aflos m.19 – 51.39
Aflos m.14 – 53.24

Al was ‘n podiumplek hulle nie beskore nie, noem ons trots die name van nog ‘n klompie atlete wat baie goed gevaar het, om 750 of meer punte op ASA se 2020-tabel te verdien. 

Henru Herbst (s.17): 3000m – 9:47.94 (775)
Jacques Winterbach (s.15): gewigstoot – 14,11m (798)
Aldo van Jaarsveld (s.16): 110m hekkies – 15.53 (779); en 400m hekkies – 56.85 (763)
Wiaan Grobler 9s.15): skyfwerp – 43,02m (751)
Jess Badenhorst (m14): 90m hekkies – 14.80 (837); en 300m hekkies – 49.01 (804)
Mignon Basson (m.14): 100m – 13.41 (768); en 200m – 27.54 (784)
Shebba Sithole (m.19): 800m – 2:23.28 (808)
Marike Wasserman (m.15): 90m hekkies – 14.54 (825)
Alexa van Rooyen (m.16): 100m hekkies – 16.59 (752)
Kiara Grobler (m.14): gewigstoot – 10,23m (781)
Inneke van Heerden (m.14): skyfwerp – 28,24m (752)
Linmari Kemp (m.15): 400m – 64.11 (759)
Wilmi Scholtz (m.19): 3000m – 11:50.46 (772) 

Baie dankie aan elke atleet en afrigter, vir ‘n puik 2025-seisoen! Baie sterkte aan die groep wat verder oefen om by die Mpumalanga-kampioenskappe om plekke in die provinsiale spanne na die SA’s te gaan meeding. Met so baie atlete  op die kruin van afrigting en topfiks, kan ‘n mooi oes kwalifiserende prestasies en vele medaljes, op Hoërskool Rob Ferriera verwag word.

Artikel: Mnr. Kobus de Wet